Regering dreig winkelreus

Die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping sê hoewel die wet hulle beperk, ondersteun hulle verbruikers se protes teen die kettingwinkelgroep.
Augetto Graig
font face="Verdana" >



Augetto Graig - Die regering sal besin om aankope by Shoprite te staak indien die winkelreus nie 'n uitgerekte arbeidsgeskil met deelnemers aan 'n onwettige staking beëindig nie.

Mnr. Bro-Matthew Shinguadja, permanente sekretaris van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, het herhaal sy ministerie ondersteun die verbruikersboikot. Die ministerie sal alle regeringskantore, ministeries en staatsagentskappe vra om dieselfde te doen.

Die hernude aanslag het gekom enkele ure voor ’n betoging gister voor die deure van Shoprite se tak in Windhoek se middestad. Vakbonde en nieregeringsorganisasies het hieraan deelgeneem en Shinguadja was self teenwoordig.

Die ontevredenheid wat aanleiding tot die betoging gegee het, spruit uit Shoprite-werknemers se werksomstandighede.

Werknemers het in 2015 aan stakings deelgeneem waartydens hulle beter lone, ’n vervoertoelaag en ander veranderinge geëis het. Dit het ook ingesluit dat ’n einde gemaak word aan Shoprite se permanente deeltydse werksgeleenthede.

Die dissiplinêre proses waaraan die betrokke werknemers onderwerp is, duur steeds voort, en daar word verwag dat die kettingwinkelgroep hulle in die pad sal steek.

Boonop het Shoprite verlede week 93 werknemers gedagvaar vir verliese wat die maatskappy gely het weens die stakings, asook vir hul regskoste.

Shoprite eis meer as N$4,5 miljoen van die werknemers, wat in die algemeen minder as N$2 000 ’n maand verdien.

Shinguadja sê die ministerie probeer al jare om Shoprite daarvan te oortuig om die dissiplinêre proses te staak.

Hulle moedig Shoprite ook al lank aan om ’n vakbond toe te laat om werknemers te verteenwoordig.

Geen vakbond kon die afgelope vyf jaar verteenwoordiging van meer as die helfte van die werkers verseker nie – ’n vereiste om ’n bedingingseenheid te kan skep.

Shinguadja sê een vakbond het in April vanjaar byna daarin geslaag, maar Shoprite het nie hul samewerking in die verband gegee nie, en het die proses só in die wiele gery.

Weens wetlike beperkings van toepassing op die arbeidsministerie, sê Shinguadja, kies hulle om die verbruikersboikot te steun.

“Die regering is bewus van die implikasies daarvan,” het hy oor die besluit gesê.

Ná nuus van Shoprite se N$4,5 miljoen-eis is die boikot op sosiale media aangemoedig, en was die kettingwinkelgroep vinnig om prysverlagings aan te kondig.

Volgens berigte het Shoprite kliënte selfs koek en tee aangebied, en veral bier teen belaglike lae pryse verkoop om kliënte te lok.

Tydens gister se betoging het kliënte steeds by Shoprite se deure ingestroom.

Maar Shinguadja sê: “Wanneer Shoprite sê hulle is die goedkoopste en grootste in Suider-Afrika, is dit omdat hul werknemers die pryse subsidieer. Die verbruiker kry voorkeur weens die werkers se swaarkry. Shoprite kan die laer pryse bekostig omdat die werknemers van vergoeding weerhou word.”

Adv. Vicki ya Toivo, die minister se spesiale raadgewer, sê Shoprite se teenstand teen die betaling van lidmaatskapgeld aan vakbonde, word nie deur die wet ondersteun nie.

Volgens haar kan en sal die ministerie intree indien die betrokke vakbonde die kwessie hof toe neem.

Intussen werk die ministerie aan die hervorming van die arbeidswet, wat die vereiste insluit dat buitelandse maatskappye in die toekoms besluitnemende kantore in Namibië moet oprig.

Dít in samewerking met die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling.

Namibië werk ook aan die daarstel van streekstandaarde in samewerking met die res van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC).

Die arbeidsministerie is ook bereid om tot die hofstryd met betrekking tot die winkelreus se N$4,5 miljoen-eis toe te tree, het Shinguadja gesê.

“Ons sal ons saak vanuit ’n beleidsoogpunt stel. Ons sal wys dit is nie reg nie en ons sal inligting verskaf wat ek nie dink die hof nog nie het nie,” het hy gesê.

Intussen sê Ya Toivo: “Die publiek moet sy siening hieroor lig.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.76 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 340.00/OZ UP +0.40% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.75% | Zinc US$ 2 871.90/T UP 0.61% | Brent Crude Oil US$ 89.12/BBP UP +0.25% | Platinum US$ 912.16/OZ DOWN -0.0041 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.76 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 340.00/OZ UP +0.40% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.75% | Zinc US$ 2 871.90/T UP 0.61% | Brent Crude Oil US$ 89.12/BBP UP +0.25% | Platinum US$ 912.16/OZ DOWN -0.0041