ReconAfrica kap terug
ReconAfrica kap terug

ReconAfrica kap terug

National Geographic het Vrydag berig dat Reconnaissance Ener­gy Africa beleggers op 'n bedrieglike wyse mislei het.
Yandi Du Plessis
Die Kanadese olie- en gasmaat­skappy Reconnaissance Energy Africa (ReconAfrica) het in 'n mediaverklaring gereageer op 'n “valse en lasterlike” artikel wat op 21 Mei in National Geographic gepubliseer is.

Dié wetenskap- en omgewingstydskrif het Vrydag berig dat ­ReconAfrica, “wat op soek is na olie en gas stroomop van een van Afrika se weligste en mees wildryke habitats, het beleggers volgens verskeie kenners asook die verslag van 'n fluitjieblaser deur 'n wanvoorstelling van sy werk op dié projek, op 'n bedrieglike wyse mislei”.

In die artikel word berig die fluitjieblaser het op 5 Mei 'n verslag van 44 bladsye hieroor aan die Amerikaanse Securities and Exchange ­Commission (SEC) voorgelê.

In die mediaverklaring kap ReconAfrica terug en verskaf ­besonderhede oor die maatskappy se “noodsaaklike werk in Namibië”.

“Ons is trots dat die Namibiese rege­ring ReconAfrica gekies het as een van die energiemaatskappye wat hy vertrou om die land se natuurlike hulpbronpotensiaal op volhoubare maniere te ondersoek. In die soektog na die beste pad vorentoe om die land se energie-tekort te ondersoek, oorweeg die regering verskeie oplossings, waar onder olie- en gaseksplorasie, geotermiese en biomassa-waarnemings, sowel as alternatiewe vir wind- en sonkrag. Alhoewel ons besef dat bekommernisse bestaan oor die impak van ReconAfrica se projek in Namibië, wil ons graag 'n paar feite uitwys voor die projek veroordeel word,” lui die verklaring.

Die eerste is dat ReconAfrica die wettige verpligtinge binne alle werksgebiede gehoorsaam.

Tweedens sê die maatskappy hulle maak in elke aspek van die projek gebruik van Kanadese praktyke en tegnologieë, veral wat die ondersoek en ontwikkeling van ­hulpbronne en omgewings-, maatskaplike en korpo­ratiewe bestuur (ESG)-praktyke betref, en word algemeen as een van die beste ter wêreld beskou.

Hulle voer aan dat ReconAfrica se werk in Namibië plaasvind onder die deurlopende toesig van verteenwoordigers van verskeie ministeries en regu­lerende agentskappe in Namibië.



'VALSE AANTYGINGS'

“Die artikel beskryf 'n klag wat na ­bewering op 5 Mei 2021 by die SEC ingedien is. ReconAfrica dra geen kennis van so 'n klag nie en 'n versoek wat aan National Geographic gerig is vir 'n afskrif, het onbeantwoord gebly,” luidens die verklaring.

Volgens ReconAfrica is dit belangrik om te weet dat enigiemand 'n klag by die SEC kan indien, aangesien daar “geen standaarde of vereistes vir ­akkuraatheid of waarheid vir hierdie aantygings is nie”.

Die maatskappy het ook gereageer op spesifieke aantygings wat in die artikel geopper is.

Die maatskappy hou voet by stuk dat hy elke aspek van sy finansiering deursigtig en wettig onderneem het, in ooreenstemming met toepaslike finansiële wetgewing.

Alle aandele-transaksies deur beamp­tes en direkteure van ReconAfrica word openbaar gemaak en voldoen aan die indiening- en openbaarmakingsbeleid van finansiële ­reguleerders, lui die verklaring .

Op 15 April 2021 het ReconAfrica aangekondig dat geologiese ontleding en olie-eksplorasie duidelike bewyse lewer van 'n aktiewe ­konvensionele petroleumstelsel met veelvuldige brongesteente en reservoir-intervalle in die Kavango-Oosstreek.

Dit is bevestig deur partye wat as leiers op hierdie gebied erken word. ReconAfrica gaan voort met sy ­beplande seismiese en multi-boorprogramme om kommersiële hoeveelhede olie en gas te bevestig.

Die maatskappy se lisensie is glo vir konvensionele vroeë eksplorasiewerk in Kavango-Oos.

“Daar is geen lisensie vir hidrobreking nie, en geen aansoek is ook ingedien nie. Die huidige ­bedrywighede is ook meer as 50 km suid van die ­Kavangorivier en 260 km wes van die Okavangodelta.”

Volgens die verklaring is die artikel 'n “persoonlike en onregverdige aanval” op mnr. Craig Steinke, die stigter van ReconAfrica (Namibia). Die transaksie tussen Renaissance Oil en ReconAfrica met betrekking tot die Botswana-lisensie is deur die TSX Venture-beurs aanvaar en onder­steun deur 'n onafhanklik voorbereide bewys van waarde.

“Pleks daarvan om te berig oor die werklike feite oor die belangrike werk wat ReconAfrica in Namibië doen, het National Geographic gehaas om 'n vals en lasterlike artikel te publiseer en doelgerig inligting uitgelaat wat ­ReconAfrica bereid was om te verskaf. Hulle het ook geswyg oor 'n ­anonieme bron wat glo 'n SEC-klag ingedien het. Dit het alles plaasgevind ­onmiddellik nadat die waarde van ReconAfrica se aandele aansienlik gestyg het. Die tydskrif het hierdie kortverkopers in staat gestel om moontlik ten koste van die Namibiese bevolking en beleggers hierby te baat.

“Hierdie taktieke en smeerveldtogte wat kortverkopers in staat stel om wins te maak sonder regverdiging of nagevolge, is vernietigend vir die waarde van aandeelhouers en doen skade aan die beeld van ­gereguleerde kapitaalmarkte.”



'BOU AAN NAMIBIë SE TOEKOMS'

ReconAfrica glo die natuurlike hulpbronbedryf in Namibië kan op 'n omgewings- en maatskaplik verantwoordelike wyse ontwikkel word, en die ontwikkeling en lewering van broodnodige ekonomiese en maatskaplike voordele ondersteun en terselfdertyd beleggings in plaaslike ekologiese bewaring finansier.

“Uiteindelik sal die Namibiese bevolking, deur middel van hul tradisio­nele owerhede, verkose regerings en regulerende agentskappe, bepaal hoe die land sy natuurlike hulpbronne sal bestuur.

“Die maatskappy volg al die bepalings wat vereis word onder die Namibiese regering se omgewingsklaringsertifikaat, wat self volledig voldoen aan die bepalings van die wet op omgewingsbestuur.

“Dit is ook die praktyk van ReconAfrica om bykomende omgewings- en maatskaplike monitering en ontledings van elke terrein en ­uitgebreide omliggende gebiede uit te voer.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.35/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.95% | Zinc US$ 2 899.40/T UP 1.58% | Brent Crude Oil US$ 89.09/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 912.78/OZ DOWN -0.0034 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.35/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.95% | Zinc US$ 2 899.40/T UP 1.58% | Brent Crude Oil US$ 89.09/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 912.78/OZ DOWN -0.0034