Rebelleleier van Mosambiek sterf
Afonso Dhlakama, ’n voormalige Mosambiekse rebelleleier en leier van die Renamo-opposisieparty, is Donderdag in die ouderdom van 65 oorlede.
Zitamar News berig Dhlakama is Donderdagoggend in sy basis in die Gorongosa-berge oorlede, vermoedelik aan ’n hartaanval.
Dhlakama het in 1979 Renamo se leierskap oorgeneem en die rebellemagte gelei om in 1992 ’n vredesooreenkoms met die regering van pres. Joaquim Chissano te sluit.
Die vredesooreenkoms het uiteindelik in 1994 tot Mosambiek se eerste demokratiese verkiesing gelei.
Dhlakama het in elke verkiesing tweede gekom en Chissano byna in 1999 by die stembus verslaan. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie