RDP waarsku teen 'politieke rampokkery'

31 May 2018 | Politiek
Geen geldinsamelingsveldtog is al deur die Rally for Democracy and Progress (RDP) met die oog op aanstaande jaar se verkiesing óf vir 'n nasionale konvensie van stapel gestuur nie.

Gevolglik waarsku die party se sekretaris van inligting en openbare betrek­kinge, mnr. Nghiningiluandubo Kashume, partylede, simpatiseerders en ondersteuners om nie slagoffers van “politieke rampokkery” te word wat in sommige streke kop uitgesteek het nie.

“Enige geldinsamelingstrategie moet eers deur die nasionale uitvoerende komitee, dan die sentrale komitee en gevolglik die streekskomitees bespreek word.

“Nadat die partystrukture behoorlik ingelig is oor die doelwitte van die geldinsameling, sal die publiek deur die elektroniese en gedrukte media ingelig word. Dit word gedoen om wanpersepsies en misverstande te voorkom en om skenkers, bydraers en borge die geleentheid te gee om te besluit watter van die party se aktiwiteite hulle wil borg.

“Dit word gedoen om RDP-aktiwiteite van strafregtelike aktiwiteite te onder­skei,” het Kashume gesê.

Hy het daarop gewys dat slegs maandelikse bydraes tans deur die party goedgekeur is.

“Die RDP staar 'n toekoms vol finansiële uitdagings in die gesig. Die party sal sy nasionale konvensie teen die einde van die jaar hou en aan 'n algemene verkiesing in 2019 deelneem. Ons kan nie die geleentheid om geld in te samel weens 'n kansvattery in die wiele laat ry nie,” het Kashume bygevoeg.

Soortgelyk

 

Riviere in vloed gee kykers genot

3 ure gelede | Weer

Tanja Bause – Danksy wydverspreide reën die afgelope dae oor Namibië loop talle riviere sterk op pad see toe. Van die Hoanib in die Kunenestreek...

Elfjarige kry kans op ’n nuwe lewe

3 ure gelede | Gemeenskap

Tanja Bause – Die elfjarige Meunae Katjitundu wat 147 kilogram weeg, se lewe sal binnekort handomkeer verander.Sy woon saam met haar ouers in die Goreangab-...

Aanbod van N$1,4 miljard vir Air Namibia

3 ure gelede | Ministeries

Kristien Kruger – ’n Suid-Afrikaanse lugredery het ’n aanbod van sowat N$1,4 miljard gemaak om die nou ontbinde Air Namibia te koop en dit blyk...

Die weer

3 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm met 'n paar buie in die ||Kharasstreek. Wind word in die binneland verwag.KUS: Gedeeltelik bewolk en warm.GETYE BY WALVISBAAI:...

Oudpresident van DTA sterf

3 ure gelede | Mense

Kristien Kruger Die voormalige president van die Democratic Turnhalle Alliansie (DTA), mnr. Katuutire Kaura, wat ook die Kunene-goewerneur se raadgewer was, het die afgelope naweek...

Wild skok dood in fratsongeluk

3 ure gelede | Gemeenskap

Tanja Bause – ’n Gemsbok en ’n aardwolf is verlede week doodgeskok in wat net as ’n fratsongeluk en toeval beskryf kan word.Volgens Danie Brand...

BDF-uitspraak is geen verrassing, sê Kapofi

3 ure gelede | Howe

Namibian Sun-redaksie – Ná die landdroshof in Kasane, Botswana, lede van die Bo­tswana-weermag (BDF) vrygespreek het wat die Namibiese broers Tommy, Martin en Wamunyima Nchindo...

Hardap-sluise nóg groter getrek

3 dae gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

3 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...