Rassie speel sy Springbok-kaarte
Rugby
'n Nuwe haker, slotpaar, lostrio, losskakel, senterpaar én agterste driehoek.
Dís 'n mondvol, maar in 'n neutedop hoe die Springbok-span vir Saterdag se Rugbykampioenskapstoets teen Argentinië verskil van die een wat in Junie in die derde toets teen Engeland op die veld gedraf het.
Rassie Erasmus (hoofafrigter) het gister 'n span aangekondig wat voorlangs 'n paar ysters terug in die geledere het, maar agterlangs mank gaan aan ervaring.
Soos verwag maak Malcolm Marx (haker) en Eben Etzebeth (slot) hul terugkeer tot die span nadat hulle weens beserings nie in die reeks teen Engeland kon speel nie.
In die lostrio is die stydros Francois Louw ook die eerste keer onder Erasmus se afrigting in die Bok-span. Ditto Warren Whiteley, wat ook in Junie nog van 'n besering herstel het.
Op losskakel is Handré Pollard terug, nadat Elton Jantjies in die laaste toets teen die Rose op Nuweland 'n kans in die nr. 10-trui gegee is.
Onder die senters sal die Haaie se middelveld-duo André Esterhuizen en Lukhanyo Am vir die eerste keer saam 'n toets vir die Bokke begin. Esterhuizen het in sy twee toetse met Jesse Kriel gekombineer, terwyl Am en die beseerde Damian de Allende die senters was in die Bokke se seges oor Engeland in Johannesburg en Bloemfontein.
In die agterste driehoek vervang Makazole Mapimpi die beseerde Sbu Nkosi. Hy sal saam met Aphiwe Dyantyi (linkervleuel) en Willie le Roux (heelagter) nie net slaankrag aan die Bokke op die aanval moet gee nie, maar ook sy deel op die verdediging moet doen.
Engeland het die Bokke gereeld in die wye kanale uitoorlê en daar sal baie druk op die onervare Mapimpi en Dyantyi wees om daardie gate toe te stop.
Erasmus het twee groentjies op die plaasvervangersbank, Marco van Staden (flank) en Damian Willemse (heelagter/losskakel) gekies.
Die Bok-span: Willie le Roux, Makazole Mapimpi, Lukhanyo Am, André Esterhuizen, Aphiwe Dyantyi, Handré Pollard, Faf de Klerk, Warren Whiteley, Siya Kolisi (kapt), Francois Louw, Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Frans Malherbe, Malcolm Marx, Beast Mtawarira. Reserwes: Bongi Mbonambi, Steven Kitshoff, Thomas du Toit, Marvin Orie, Marco van Staden, Embrose Papier, Lionel Mapoe, Damian Willemse. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie