Randgemeenskappe: Witskrif binnekort voorgelê
Die witskrif stel onder meer voor hoe tale, respek vir kulture en tradisionele kennis, gesondheid, geslagsgelykheid, voedselsekerheid en toegang tot werksgeleenthede bevorder kan word.
Elvira Hattingh - Die finale weergawe van ‘n konsep-witskrif oor die regte van Namibië se randgemeenskappe sal binnekort aan die ministerie van justisie, asook die kabinet vir goedkeuring voorgelê word.
Dít volg nadat altesaam 38 verteenwoordigers van die San- en Ovature-gemeenskappe, asook 27 verteenwoordigers van die regering onlangs finale samesprekings gehou het oor die voorlopige bekragtiging van die witskrif, getiteld Die witskrif oor die regte van Namibië se inheemse volke.
Hierdie vierde en finale ronde van besprekings van dié dokument volg ná ‘n soortgelyke werkwinkel in April 2017 gehou is, asook streekraadpleging in September en Oktober 2017, en ‘n regeringswerkwinkel in April verlede jaar in Windhoek.
Die proses word deur die visepresident se kantoor en die departement vir randgemeenskappe bestuur.
Die Verenigde Nasies se departement vir ekonomiese en maatskaplike sake steun en finansier dit.
Die algehele doel van dié beleidsriglyn is om institusionele raamwerke te versterk, koördinering en raadpleging te verbeter, asook om die deelname en verteenwoordiging van San- en Ovature-gemeenskappe te vergroot.
In die witskrif word sekere aanbevelings gemaak en beleide voorgestel sodat dié gemeenskappe beter toegang tot grond kan hê, grond kan besit en gelyke toegang tot goeie gehalte onderrig kan hê.
Verder word ook voorgestel hoe hierdie gemeenskappe se tale, respek vir kulture en tradisionele kennis, gesondheid, geslagsgelykheid, voedselsekerheid en toegang tot werksgeleenthede bevorder kan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie