R&B is my taal

Dié is net die begin

18 April 2019 | Kuns en vermaak
MICHAEL KAYUNDE - Om hoorbaar te wees, is uiters belangrik.

Om jou emosies musikaal uit te druk, is indrukwekkend.

Met seks, liefde en hartseer as sy verkoopspunte, is die kanse baie goed dat die sanger Y'Cliff ‘n reuse-impak op RnB gaan maak, te oordeel aan sy groeiende melodie-katalogus. Met van die topmusikante in Namibië as medewerkers, is Y'Cliff daarop uit om op sy beleggings te kapitaliseer en klassieke musiekstukke te skep wat hy sê “vir ewig sal leef”.

Hy beskryf R&B as die medium waarmee sangers uiting aan hul gedagtes gee met versierde woorde en 'n musiekgenre wat die naaste aan die liefde is.

“R&B is my liefdestaal. Soms slaan dit my asem weg. Dit gaan oor liefde en hartseer. Ons almal het dit nodig, want dit is deel van mense se alledaagse bestaan, en dit is waarom ek bly is ek is deel daarvan.

“Wanneer mense na my musiek luister, wil ek hê hulle moet voel wat ek gevoel het toe ek die musiek geskryf het. Ek wil mense se harte aanraak,” sê Y’Cliff.

Om sy aanhangers 'n idee te gee van wat op sy debuutalbum wag, het hy onlangs nog 'n kragtige liedjie, getiteld “Namibian Queens”, vrygestel. “Dit is 'n huldeblyk aan al die koninginne in Namibië en natuurlik aan die liefde van my lewe.”

Hy sê sy benadering tot elke liedjie op die nuwe album is anders. Alles hang af van die stemming en emosies wat hy wil uitlok.

Y’Cliff sê alles wat hy tot dusver vrygestel het, is gebaseer op persoonlike ervarings. Daarom beteken dit vir hom so baie. “My komende album is gebaseer op 'n liefdesverhaal waarvan die grootste deel in my kop was en die res dít wat ek graag wou hê moes gebeur."

Y’Cliff het sowat drie jaar gelede as 'n cover artist op YouTube begin. Hy sê om covers te doen was wonderlik, maar hy wou sy eie stories vertel. Dit het hom gebring tot waar hy nou is - 'n volwaardige sanger.

Met liedjies soos “Love You All Night”, wat gaan oor liefdemaak, sê die sanger hy is oud genoeg vir inhoud soos dié, waaraan Namibië 'n tekort het.

“My styl word deur soveel verskillende kunstenaars beïnvloed, van R&B tot soul, pop en 'n bietjie rock. Liedjieskrywers inspireer my die meeste,” sê Y’Cliff en noem 'n paar - DSVN, Chris Brown, Rihanna, Al Greene, Smokey Robinson, Beyonce en Kehlani.

Tot 'n mate was die internet verantwoordelik vir sy “musikale geboorte”, aangesien sosiale media die "beloofde land” is vir die ontdek van nuwe talent.

Hy sê vir baie mag dit lyk of hy "vanuit nêrens gekom het", maar dit was nie naastenby so maklik nie. “Glo my, dit was rof.”

Die sanger sê ondanks die positiewe reaksie op sy musiek, wil hy steeds harder werk om meer blootstelling vir sy musiek te kry - wat dit verdien.

Niks kry hom onder nie en elke prestasie, klein of groot, word gevier. “My enkeldebuut is meer as 7 000 keer gekyk, wat 'n reuse-prestasie is. Ek kan net my ondersteuners bedank wat by my bly staan het - van die dag dat ek my eerste cover op YouTube geplaas het.”

Y'Cliff het sê oor die skuif van cover artist op YouTube tot sanger wat saam met bekende kunstenaars ateljeeopnames maak: “Ek weet nie waar ek die moed vandaan gekry het om kunstenaars soos Skrypt en Lioness te nader nie, maar ek is dankbaar oor die samewerking. Ek dink my toewyding en diep begeerte om groots te wees, het dit ook vir hulle makliker gemaak om ja te sê.

“Ek het onlangs 'n partytjie gehou vir die luister na my nuwe solosnit “Namibian Queen”. Die opkoms was beter as wat ek verwag het en hulle het albei saam met my opgetree, wat dit ekstra spesiaal gemaak het.”

Sy debuutsolo is byna voltooi. "Dit sal teen die einde van die jaar gereed wees," sê Y’Cliff.

Hoewel hy nou hoofsaaklik op dié werk fokus, kan sy aanhangers steeds uitsien na vertonings en hopelik sy eie konsert.

Y'Cliff sê R&B in Namibië is in 'n "goeie plek", maar kan nog beter doen met meer ondersteuning.

“Ons kan dit oor die grense vat. Ek glo vas ons het die potensiaal om dit te doen."

Soortgelyk

 

Hanse-Himarwa se getuienis vals, sê hof

11 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Nadat die hof al die getuienis in ag geneem het, is die enigste gevolgtrekking die staat het bo redelike twyfel bewys Katrina...

Katrina se toekoms duister

11 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Teen gistermiddag was pres. Hage Geingob nog stil oor een van sy kabinetsministers wat aan korrupsie skuldig bevind is.Katrina Hanse-Himarwa, die minister...

Jessné struts her stuff

11 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Even though Jessné Swart is only in grade 5, she has already made a name for herself in the modelling industry. Her love...

Weer vir 9 Julie 2019

11 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Ooswindtoestande sal oor die kus vir die res van die week heers, asook stofstorms op plekke.BINNELAND: Koud aanvanklik, andersins mooi weer en warm tot...

Eenjarige brand in sinkhuis dood

11 ure gelede | Misdaad

Tanja Bause – Twee mense het die afgelope naweek doodgebrand toe hul sinkhuise aan die brand geslaan het. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het...

Bekentenis was glo vrywillig

11 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner op Swakomund – Mnr. Ernst Lichtenstrasser, wat van die moorde op mnre. Eckhart Mueller en Heimo Hellwig aangekla is, was ten tyde van...

Dragtige ietermagô uit drom gered

11 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - ’n Ietermagô wat dae lank in ’n brandstofdrom gelos is, se verhaal het ’n gelukkige einde.Volgens me. Maria Diekmann, van die Rare...

Pasgebore baba sterf ná val

11 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - Die Engela-hospitaal in die Ohangwenastreek word van nalatigheid aangekla nadat ’n baba by geboorte op die grond geval en onmiddellik gesterf het.Die...

Interns by staatshospitale uitgeplaas

11 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - ’n Totaal van 131 leerlingdokters is by verskeie hospitale oraloor die land uitgeplaas om met hul internskap van twee jaar te begin....