Rand staan sterker in afwagting op begroting
Elvira Wood – Die rand het die dag waarop Tito Mboweni, minister van finansies, sy begrotingsrede gaan lewer, met ’n goeie voet uit die bed geklim.
Die geldeenheid het vroegoggend teen R14,04 teenoor die dollar verhandel.
Dit kom nadat hy in ’n stadium Dinsdag tot sover as R14,20 teenoor die Amerikaans geldeenheid teruggesak. Hy het deur die loop van die dag wel weer tot R14,00 herstel.
Ekonome voorspel reeds die heel week dat die begroting Woensdag waarskynlik ’n groot invloed op die waarde van die rand sal hê.
As die rand nié van Mboweni se planne hou nie, gaan hy waarskynlik drasties verswak.
Van die grootste risiko’s in die begroting wat die rand onder druk plaas, is wat die regering besluit om oor veral Eskom se enorme skuldlas te doen en wat hy met sy eie skuldlas en tekort gaan doen.
Ekonome is dit eens dat kredietgradeerders ook wil weet wat Mboweni se planne hiermee is, aangesien dit moontlik die land se kredietgradering negatief kan beïnvloed.
Die rand het Dinsdagoggend teen R18,34 teenoor die Britse pond en R15,93 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake soos volg:
· Goud: $1 343,22 per fynons.
· Platinum: $820 per ons.
· Olie: $66,24 per vat.
Digitale geld
· Bitcoin: $3 882,24
· Ethereum: $140,65 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie