Rand bly dobber
Elvira Wood – Dit lyk of die rand maar net nie weer behoorlik vastrapplek kan kry ná sy wipplank rit vroeër die week nie.
Die geldeenheid het vroeg Woensdagoggend teen R14,36 teenoor die dollar verhandel.
Dit was nadat hy Dinsdag in ’n stadium al die pad tot R14,02 teenoor sy Amerikaanse eweknie verstewig het.
Annabel Bishop, hoofekonoom by Investec, sê hoewel die wisselvallige rand die afgelope week mense bekommerd kan maak dat die Reserwebank dalk die rentekoers kan verhoog, dink sy nie dit gaan gebeur nie.
Bishop verduidelik dat die rand baie wisselvallig is deels weens die gebeure wat in Turkye afspeel, maar ook omdat daar relatief gesproke op die oomblik nie baie handel gedryf word met die rand nie.
“As daar nie ’n voldoende hoeveelheid aktiwiteit is om groot bewegings te verwater nie, kan die plaaslike geldeenheid uiterste bewegings sien.”
Sy sê die Reserwebank het oor die jare bewys dat hy nie op korttermynwisselvalligheid van die rand reageer deur die rentekoers te verhoog nie.
Bishop sê dit lyk dus steeds goed dat die Reserwebank by sy voorneme om nie weer vanjaar die rentekoers te verhoog nie gaan bly.
Sy verwag ook nie dat die wisselvalligheid enige beduidende invloed op inflasie sal hê nie.
Die rand het Woensdagoggend vroeg teen R18,22 teenoor die pond en R16,25 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake vroeg Woensdagoggend só:
· Goud: $1 188 per fynons
· Platinum: $791 per fynons
· Olie: $72,33 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $6 334,72
· Ethereum: $286,94 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie