Rand bekommerd oor begroting
Elvira Wood – Dit lyk of die rand beslis bekommerd is oor presies wat Tito Mboweni, minister van finansies, Woensdag in sy begrotingsrede gaan sê.
André Joubert, senior valutahandelaar by TreasuryOne, waarsku dat die rand waarskynlik tot ná die begrotingsrede gaan aanhou om teen om en by die R14-vlak teenoor die dollar te verhandel.
Die rand het vroeg Dinsdagoggend teen R14,14 teenoor die dollar verhandel.
Dit is reeds beduidend swakker as die R14,03 waarteen die rand dié week begin verhandel het.
Van die grootste risiko’s in die begroting wat die rand onder druk plaas, is wat die regering gaan besluit om met veral Eskom se enorme skuldlas te doen en wat hy met sy eie skuldlas en tekort gaan doen.
Ekonome is dit eens dat kredietgradeerders ook wil weet wat Mboweni se planne hiermee is, aangesien dit moontlik die land se kredietgradering negatief kan beïnvloed.
Die rand het Dinsdagoggend teen R18,24 teenoor die Britse pond en R15,97 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake soos volg:
Goud: $1 324,20 per fynons.
Platinum: $807 per ons.
Olie: $66,19 per vat.
Digitale geld
· Bitcoin: $3 870,57
· Ethereum: $144,98 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie