Ramaphosa kies nuwe voorsitter vir Moyane-verhoor
Pres. Cyril Ramaphosa het ’n nuwe voorsittende beampte aangewys vir die tugverhoor van Tom Moyane, geskorste kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).
Adv. Azhar Bham, SC, vervang regter Kate O’Regan.
“Die volg op ’n beswaar wat Moyane geopper het oor die verband tussen O’Regan en Corruption Watch, ’n nieregeringsorganisasie waarvan sy ’n direkteur is,” sê die presidensie Dinsdag in ’n verklaring.
“Hoewel die president oortuig is O’Regan sou die saak objektief kon beoordeel en dat haar posisie nie ’n belangebotsing verteenwoordig nie, het hy besluit dit sal nietemin belangrik wees om enige persepsie van vooroordeel te verwyder.”
Moyane se regspan het gedreig om hof toe te gaan oor tegniese aspekte van sy tugverhoor.
Eric Mabuza, Moyane se prokureur, het die presidensie verlede Woensdag ingelig dat hulle die besluit gaan uitdaag dat slegs geskrewe voorleggings aan die tugverhoor gelewer mag word.
Moyane, wat volhou hy is onskuldig op al twaalf die klagte teen hom, wil mondelinge voorleggings ook doen.
Die datum vir die verhoor is nog nie bepaal nie.
Ramaphosa het voorheen van Moyane se eise van die hand gewys, soos dat die staat sy regskoste betaal.
Moyane se span het O’Regan van ’n belangebotsing beskuldig omdat Corruption Watch in Maart gesê het hy gaan ’n private vervolging teen Moyane instel indien die nasionale vervolgingsgesag niks doen nie.
Moyane is op 19 Maart in ’n brief deur Ramaphosa geskors omdat hy bydra tot die daling in die publiek se vertroue in die SAID, wat op sy beurt die staat se vermoë om belastinggeld in te vorder, kompromitteer.
David Lewis, uitvoerende direkteur van Corruption Watch, wou nie kommentaar lewer nie. – Netwerk24/Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie