Rafa: ‘Gedink ek sou nou al uitgetree het’
Tennis
Terwyl Rafael Nadal sy elfde Frans Ope-kroon vier, erken die Spanjaard dat selfs hy verras is om Grand Slam-titels op die ouderdom van 32 te wen.
“Teen hierdie ouderdom sou ek dink ek sou uitgetree het en met ’n gesin begin,” sê Nadal.
Die Koning van Klei, wat sy plek boaan die wêreldranglys behou danksy Sondag se triomf in Parys, is ook verras dat hy en sy oudste teenstander, Roger Federer (36) steeds manstennis oorheers.
Die duo se loopbane was oënskynlik verby toe albei in 2016 met knaende beserings gesukkel het. Maar al ses major-toernooie in die laaste 18 maande is deur Federer of Nadal beklink.
Toe Federer in 2017 Nadal in die Australiese Ope-eindstryd klop, het die Switser ’n Grand Slam-titeldroogte van vyf jaar verbreek.
Nadal het ook gedink sy gloriedae was iets van die verlede toe hy in 2015 en 2016 geen sukses by major-toernooie geniet het nie.
“Dit is verrassend, want in 2017 was dit twee jaar sedert ek ’n Grand Slam-toernooi gewen het en ek dink hy was sedert 2012 sonder een,” sê Nadal.
“Natuurlik is dit verrassend, want ons raak ouer en wanneer jy so lank gaan sonder om te wen, weet jy nie of jy ooit weer sal nie.”
Nadal se sege Sondag het aan hom sy 17de Grand Slam-titel besorg – net drie agter Federer se rekord van 20.
Hy sê egter hy wil eers die oomblik geniet en het nie nou Federer se rekord in die oog nie.
“Ek kan nie net altyd aan nóg (titels) dink nie. Natuurlik het elke mens sy eie ambisies en ek is geesdriftig oor dit wat ek doen en die spel, maar ek was nog nooit gek daaroor om hierdie soort van ding (rekords) na te jaag nie.” – Netwerk24, Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie