Rabada vra Proteas om verskoning
Krieket
Die Suid-Afrikaanse snelbouler Kagiso Rabada het sy spanmaats om verskoning gevra dat hy hulle vanweë sy skorsing vir oordadige feesviering in die steek gelaat het.
Die 24-jarige Rabada is ’n strafpunt opgelê, wat meebring dat hy die vierde en laaste kriekettoets teen Engeland moet misloop, wat Vrydag op die Wanderers begin.
Suid-Afrika móét dié toets wen om die reekslouere met Engeland te deel. Hulle sal dit egter sonder Rabada moet regkry nadat hy te erg tekere gegaan het nadat hy die paaltjie van Joe Root in die afgelope toets in Port Elizabeth geneem het.
“Ek mag dit nie weer laat gebeur nie, want ek laat myself en die span in die steek. Dís wat die seerste maak,” sê Rabada.
“Dít (die strafpunt) is nie iets wat ek verwag het nie, maar of dit nou reg of verkeerd was, die werklikheid is dat ek geskors is.”
Rabada het voor dié voorval, waar hy langs Root gaan stelling inneem en met sy vuiste gebal ’n juigkreet geuiter het, drie strafpunte oor die afgelope 24 maande versamel. Sodra ’n speler vier strafpunte in dié tydperk teen hom kry, word hy outomaties geskors.
Dié vurige snelbouler was in 2018 ook in die sop op St. Georgepark toe hy die Australiese kolwer Steve Smith skrams met die skouer getref het nadat hy sy paaltjie ook te uitbundig gevier het.
Hy is aanvanklik vir twee toetse geskors, maar het suksesvol daarteen geappelleer en is toegelaat om in die volgende toets op Nuweland te speel.
Rabada is in 2017, toe die Proteas in Engeland getoer het, ook vir ’n toets geskors nadat hy Ben Stokes met ’n swetswoord die pad na die paviljoen gewys het nadat hy hom uitgehaal het.
“Ek skat dit sal my kans gee om aan my spel te slyp en ook ’n blaaskans te neem,” sê Rabada oor sy gedwonge afwesigheid van die krieketveld.
Engeland het die Proteas in die doodsnikke van die Nuweland-toets uitgehaal om die reeks te laat gelyk trek, waarna hy in Port Elizabeth spiere gebult het met ’n beurtoorwinning.
Suid-Afrika se sege in die eerste toets in Centurion beteken egter dat hy nog ’n reeksnederlaag in Johannesburg kan afweer. Die verwagting is dat die links-swaaibouler Beuran Hendricks die plek van Rabada sal neem. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie