Psemas-hoë: Lede misbruik voorskrifte

Die staat se mediese fonds (Psemas) het meer as N$327 miljoen aan apteke uitbetaal.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Die huidige begroting van die staat se mediese fonds (Psemas) moet pa staan vir 'n uitstaande N$278 miljoen in eise wat nie in die vorige finansiële jaar aan verskaffers van gesondheidsdienste uitbetaal is nie. Die laaste betaling van eise was op 17 Februarie vanjaar.

Tydens die vorige finansiële jaar is N$2,9 miljard aan Psemas uitbetaal, terwyl net N$2,4 miljard hiervoor begroot is. Dit het die mediese fonds toe met 'n tekort van N$484,9 miljoen gelaat.

Volgens Psemas se adjunkdirekteur, me. Elizabeth Kharuchas, is 296 637 lede tydens die vorige finansiële jaar teen N$9 739 per persoon deur die staat se mediese fonds gediens.

Die grootste porsie van die uitbetalings was vir apteke, wat N$327,6 miljoen beloop het.

Volgens Kharuchas kan dié groot bedrag daarop dui dat lede die reël van 'n toelaatbare vyf voorskrifte per pasiënt per besoek misbruik.

Uitbetalings vir apteke word gevolg deur dié vir hospitale (N$190,4 miljoen), dokters (N$127,9 miljoen), patoloë (N$76,7 miljoen), spesialiste (N$73,4 miljoen), tandartse (N$31,5 miljoen) en radioloë (N$46,7 miljoen).

Kharuchas was aan die woord tydens 'n spesiale vergadering van die ministerie van finansies met verskaffers van gesondheidsdienste, waar op Psemas gefokus is.

Volgens haar het die mediese fonds tans 296 637 lede, waarvan 51% die standaardopsie en 49% die hoër opsie verkies.

Met die inwerkstelling van die hersiene kontrak tussen Psemas en diensverskaffers het 1 087 diensverskaffers dié kontrak op 1 Mei 2018 geteken.

Van die uitdagings met die nuwe kontrak was laat aansoeke van diensverskaffers.

Karuchas het gemaan diensverskaffers wat vir beweerde onregmatige eise se uitbetalings ondersoek word, kan opgeskort word tot die ondersoek afgehandel is.

Sy sê ondersoek word ook ingestel na diensverskaffers wat verskeie praktyke met een praktyknommer het, terwyl geen kontrakte voortaan gesluit sal word met diensverskaffers wat met 'n werkpermit dienste verskaf nie.

Psemas is tans in die proses om alle lede met die hand te herregistreer om onder meer te verseker “spooklede” is nie meer op die stelsel nie.

Intussen is kontrakte met 15 praktyke opgeskort ná 'n voortgesette ondersoek na beweerde ongerymdhede by die uitbetaling van eise.

Nog vier praktyke se kontrakte is beëindig.

Volgens me. Julia Ambole van die ministerie van finansies is een geval na die Teenkorrupsiekommissie (ACC) verwys, terwyl nog twee sake by die Namibiese polisie geopen is. Nóg twee is in die proses om by die polisie aangemeld te word. Ambole sê twee diensverskaffers is ook by die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) aangemeld.

Intussen sê die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, dit is nodig om maniere te vind om lede se dienste en voordele nie te verminder nie, maar eerder uitgawes te beperk.

Vir Psemas se hoër opsie betaal lede N$240 per maand en afhanklikes N$120 per maand – ongeag waar hulle op die salarisskaal val.

Volgens Schlettwein het die ondersoek na beweerde ongerymdhede by die uitbetaling van eise “verstommende” uitslae gelewer.

“Psemas vra baie min van sy lede en steeds is dit die onderwerp van bedrog wat op 'n breë basis gepleeg is,” sê hy.

Die minister het voorts gesê “vrot appels” moet geïdentifiseer word en van ontslae geraak word.

“Doen ons dit nie, is ons in 'n morsige besigheid.”

Met verwysing na die ondersoek het Schlettwein gesê 'n benadering van samewerking is die beste om te bepaal hoe Psemas in die toekoms bestuur moet word.

Hy het beklemtoon die mediese fonds moet vir gelyke diens vir mense van alle inkomstevlakke voorsiening maak.

Volgens Schlettwein is N$13 miljoen danksy die ondersoek reeds verhaal, terwyl 'n verdere N$28 miljoen ook binnekort weer in Psemas se beursie kan beland.

Hy het ook na diensverskaffers verwys wat met “voortgesette” laat betalings gekonfronteer word, terwyl Psemas deur diensverskaffers gedreig word dat hulle nie langer meer sake met die mediese fonds gaan doen nie.

Schlettwein het beklemtoon Psemas skep “goeie, sterk” ekonomiese geleenthede en kan 'n rolmodel word waar groot ongelykheid bestaan.

Die minister het ontken Psemas het N$900 miljoen “verloor”.

“Dit is totaal verkeerd. Dié syfer verwys na 'n Suid-Afrikaanse studie.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.43 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.37/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.52/lb UP +0.15% | Zinc US$ 2 837.60/T DOWN -0.59% | Brent Crude Oil US$ 88.71/BBP DOWN -0.0021 | Platinum US$ 912.45/OZ DOWN -0.0038 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.43 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.37/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.52/lb UP +0.15% | Zinc US$ 2 837.60/T DOWN -0.59% | Brent Crude Oil US$ 88.71/BBP DOWN -0.0021 | Platinum US$ 912.45/OZ DOWN -0.0038