Pryse van brood, suiker styg
Namib Mills het verskeie prysverhogings vir mahangu, suiker, rys, koringmeel, pasta, gis en brood bekendgemaak. Die verhogings tree 1 September in werking. Die verhogings is soos volg: rys 4%, suiker 3%, mahangu 2%, Polana Pasta 6%, Pasta King 2%, Pasta Homebrands 2%, La Vita Pasta 2%, koringmeel 3%, Complete Mix 3%, brood 3% en gis 2%. Bestellings vir bestaande pryse sluit op 31 Augustus terwyl voorrade hou.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie