Protokol vir isolasie/kwarantyn verander

31 July 2020 | Gesondheid
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê protokol vir isolasie en kwarantyn is in lyn met wetenskaplike bewyse en gelei deur kundigheid en kennis verslap. Volgens die minister is die wetenskap nou baie duidelik geen bewyse bestaan 'n persoon kan tien dae ná die aanvang van simptome en wanneer dit reeds opgeklaar het, ander met Covid-19 aansteek nie.

Volgens Shangula kan die persoon positief toets weke ná die aanvang van simptome, maar beteken dit nie die persoon hou 'n risiko in om ander aan te steek nie. Gebaseer op wetenskaplike bewyse is langer tydperke van kwarantyn en isolasie nie nodig nie.

Met verwysing na kwarantyn sal 'n enkele toets nou op dag 7 gedoen word. Is die uitslag negatief, kan die kwarantyn eindig. Dit sal volgens Shangula help om oorvol kwarantyngeriewe hok te slaan. Die nuwe protokol vir kwarantyn behels drie vlakke. In die eerste vlak is daar geen gemeenskapsoordrag nie en verminder die duur van kwarantyn van 14 na sewe dae in goedgekeurde geriewe. Die persoon word dus op dag sewe getoets. Toets die persoon positief, gaan hy of sy in isolasie.
In vlak twee waar daar wel gemeenskapsoordrag is, word alle kontakte op dag sewe getoets. Is die toets negatief, word die persoon uit kwarantyn ontslaan. Is die toets positief, gaan die persoon in isolasie
In vlak 3A val die fokus op reisigers en word die kwarantyn ook van 14 dae na sewe dae verminder. Die reisiger mag die land binnekom met 'n negatiewe uitslag nie ouer as 'n week nie. In vlak 3B en deel van die toerisme herlewingsinisiatief is die duur van kwarantyn ook sewe dae en word die persoon op dag 5 getoets.

Met verwysing na isolasie sê Shangula ook dit is op 'n stelsel van drie vlakke gebaseer. In vlak een en waar meer as 60% van beddens in gesondheidsgeriewe beskikbaar is, word alle positiewe gevalle in geteikende Covid-19-sentrums gehuisves. In vlak twee en waar meer as 60% van bevestigde gevalle deur vermoedelike of bevestigde gevalle opgeneem word, word net hoë risiko en ernstige gevalle in gesondheidsgeriewe gehuisves. In vlak 3 word net ernstige gevalle bestuur en gehuisves in gesondheidsgeriewe.
Volgens Shangula kan persone onder streng voorwaardes en met goedkeuring tuis aansterk.

Die minister sê 'n benadering gebaseer op toetsing word vir isolasie gebruik. Dit het behels 'n positiewe persoon kan ná twee negatiewe toetse ontslaan word. Dit is nou hersien dat 'n persoon 10 dae ná aanvang van simptome plus drie dae ontslaan kan word. Shangula het beklemtoon dit is in lyn met riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) en die sentrum vir siektebeheer (CDC).

Soortgelyk

 

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

24 minute gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

5 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

15 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

15 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

15 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

15 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

15 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

15 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...

Japanese embassy lends helping hand

15 ure gelede | Onderwys

AI Steenkamp Primary School in Windhoek inaugurated five new classrooms as well as a storeroom on 6 August with aid from the Japanese embassy through...