Proteïenbronne se koolstofvoetspoor bekommer

12 February 2019 | Landbou
Dr. Kobus Laubscher – Onlangse druk deur die belangrikste aandeelhouers in bekende kitskos-kettinggroepe (gesamentlik beloop die markwaarde van dié groepe meer as US$570 miljard) het ‘n baie nodige proses van ontleding van die impak van kos aan die gang gesit.

Daar is al voorheen kommentaar gelewer oor veranderde verbruikspatrone, veral wat vleis betref, maar hulle voer dit verder: die koolstofspoor van die produkte plus die impak daarvan op waterverbruik.

Die uitdaging is eenvoudig, naamlik dat kos van dierlike oorsprong verantwoordelik is vir die meeste skadelike kweekhuis gasse (daar word geraam dat dit ten 2050 tot 70% kan beloop), maar sonder dat daar ‘n behoorlike plan is om die negatiewe impak daarvan op aardverwarming te takel.

Beleggers het nou die betrokke kitskosgroepe beopdrag om gereeld vordering oor goedgekeurde planne te publiseer sodat verbruikers meer ingeligte besluite kan neem oor wat om te eet.

Dit is veral produkte van dierlike afkoms wat onder die loep is, ook wat water verbuik betref. Volgens die World Resources Institute vergelyk die watervoetspoor van beesvleis baie swak met dié van varkvleis en hoendervleis.

Groen waterverbruik (dit is reënwater) per kilogram beesvleis beloop 14 490 liter en blou water (oppervlakwater) 617 liter. Die ooreenstemmende syfers vir varkvleis is 4 790 liter en 479 onderskeidelik. Hoendervleis is egter los voor met onderskeidelik 3 547 liter en 303 liter.

Volgens die beleggers gaan dit oor die bestuur van die risiko van hul beleggings – as minder van die produkte verbruik word, daal verkope en daal winste.

As dit kom by stygende temperature en toegang tot skaar waterbronne, dwing dit mense tot optrede. Dit gaan egter oor die hele waardeketting van veld tot vurk, en volhoubaarheid bly die universele vereiste.

Een van die groepe het egter duidelike planne bekend gemaak waarvolgens hulle teen 2030 hulle groep se aandeel tot skadelike kweekhuis gasse met tot 150 miljoen ton wil verminder – dit geld die hele waardeketting vanaf boere tot die eindverbruiker.

Volgens dié groep is die vermindering dieselfde as om 32 miljoen passasiersvoertuie per jaar van die paaie af te haal of om 3,8 miljoen bome te plant wat vir 10 jaar kan groei.

Vir doeleindes van berekening is daar nou ’n koolstofvoetspoor-monitor ontwikkel wat die impak van verbruik op aardverwarming kan meet aan die hand van gemiddelde verbruiksyfers.

Een hamburger van 75 gram vleis drie tot vyf maal per week se koolstofspoor is yslik. Sodoende dra die verbruiker meer as 1 600 ton per jaar tot skadelike kweekhuisgasse by.

Dit is dieselfde as om ’n petrolaangedrewe voertuig vir meer as 6 600 km te ry, ’n gemiddelde huis in Engeland vir 255 dae te verwarm of 5 vlugte vanuit London na Malaga te onderneem. Verder was meer as 4 600 vierkante meter landbougrond daarvoor nodig, toon dié studie wat in Engeland gedoen en deur die BBC betaal is.

Beesvleis se bydrae in ton per porsie is die hoogste – amper 8 ton vergelyke met lamvleis se net meer as 4 ton, varkvleis se meer as 2 ton en hoender net meer as 1 ton.

Kaas lewer ongeveer 0,5 ton skadelike gasse op en eiers ongeveer die helfte daarvan. Vis en garnale vanaf visplase se bydrae in terme van koolstof is onderskeidelik 1,8 en 3,5 kg.

Die meeste bronne van proteïen is dus onder druk wat hul bydrae tot skadelike kweekhuis gasse betref. Daarteenoor het bone en neute bykans geen bydrae nie.

In die lig daarvan is daar dus toenemende druk om spyskaarte saam te stel met produkte waarvan die impak minder skadelike kweekhuis gasse lewer en in dié proses is dierlike produkte dus in gedrang.

Wanneer beleidsekerheid versoek word moet sulke oorwegings verder strek as net die grond en die eienaarskap daarvan.

Meer sal gedoen moet word om te verseker dat daar nie vingers gewys kan word na die waardekettings van dié produkte nie, anders kan die toekomstige vraag negatief beïnvloed word.

Soortgelyk

 

Regional council must account for vandalised buildings

12 ure gelede | Infrastruktuur

AUSSENKEHR – The //Kharas Regional Council must account for government buildings that are vandalised and left to become white elephants, the minister of urban and...

Hoogste vonnis vir 'seksuele roofdier'

12 ure gelede | Howe

Otis Finck – Die 68-jarige Dragan Vujicin moet 35 jaar agter tralies deurbring ná hy op vyf klagte van verkragting en vier van kinderhandel skuldig...

Die hoop beskaam nie

12 ure gelede | In beeld

Volgens 'n Suid-Afrikaanse weervoorspeller lyk dit of droër toestande in die laaste deel van Februarie, asook die eerste week in Maart vir Namibië voorlê. Maar,...

Gewasverbouing vertraag, onder druk

12 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Swak reënneerslae met die aanvang van die huidige reënseisoen het landswyd tot vertragings in gewasverbouing gelei. Terselfdertyd plaas ‘n tekort aan kunsmis...

Weer vir 18 Februarie

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met geïsoleerde en verspreide donderbuie in die Noorde.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm met miskolle.GETYE BY...

Leiers vereer Kooitjie

12 ure gelede |

Leandrea Louw - Die ontslape Topnaar-hoofman mnr. Seth Madawab Kooitjie is Saterdagmiddag op Soutrivier, sowat 125 km van Walvisbaai af begrawe. Kooitjie is op...

Nujoma: Rumpf was ’n beginselvaste man

12 ure gelede | Mense

Die voormalige ambassadeur in Duitsland en Swapo-aktivis, mnr. Hanno Rumpf, was ‘n beginselvaste man, het die stigterspresident Sam Nujoma gesê.Rumpf is op 8 Februarie oorlede...

Mosambiekse laedrukstelsel ontwrig reënvalpatrone

12 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – ‘n Sterk tropiese laagdrukstelsel, wat na verwagting van die naweek oor Mosambiek en die aangrensende Indiese Oseaan kan ontwikkel, sal waarskynlik reënvalpatrone...

Erfwet hersien

12 ure gelede | Ministeries

Jana-Mari Smith – Die ministerie van justisie het ingestem om veranderinge aan die wysigingswet op die administrasie van boedels aan te bring, wat tans in...