Program vir grondgesprek bekend gemaak

Talle kwessies en knelpunte gaan by die tweede nasionale grondkonferensie aandag geniet.
Augetto Graig
Augetto Graig



Die tweede nasionale grondkonferensie is om die draai.

As alles volgens plan verloop, sal dit van 1 tot 5 Oktober by die Safari Hotel en Konferensiesentrum in Windhoek plaasvind.

Die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, sê ná 27 jaar se toepassing van die 27 ­resolusies waarop ooreengekom is tydens 1991 se ­nasionale grondkonferensie, het sy minis­terie besluit “dit is belangrik om te ­herbeplan, te beraadslaag, en die Namibiese nasie 'n platform vir bespreking te bied” om by te dra tot die rigting wat die ­grond­hervormingsproses moet inslaan.

'n Beroep word op alle belanghebbendes gedoen om die vordering wat gemaak word en die uitdagings wat ervaar word in ag te neem, en om by voorstelle te hou sodat die grondhervormings­program bespoedig kan word.

Republikein het die voorgestelde program vir dié geskiedkundige byeenkoms onder oë gehad.

Hiervolgens sal verrigtinge op Maandag 1 Oktober om 08:00 afskop met die aankoms van ­verskeie nasionale leiers, wat ­president Hage Geingob insluit.

Om 09:00 sal die goewerneur van die Khomasstreek, me. Laura Mcleod-Katjirua, deelnemers aan die konferensie in die hoofstad en die Khomasstreek verwelkom.

Daarna sal ­verteenwoordigers van plaaslike nieregerings­organisasies, oorlogvete­rane, ­tradisionele hoofde, opposisiepartye en die ­heersende Swapo-party se sekretaris-generaal, me. Sophia ­Shaningwa, spreekbeurte geniet.

Die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, en die ­president sal die teenwoordiges hierná toespreek. Ná middagete sal die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-­Amadhila, die voorsitterskap behartig en Nujoma die geleentheid bied om terugvoer oor die vordering met die toepassing van 1991 se ­besluite te gee.



lang lys kwessies

Kort voor 16:00 sal elke streek vyf minute gegun word om insette te lewer.

Dít volg op beraadslaging wat in Julie in 14 streke van die land plaasgevind het.

Die ministerie van grondhervorming se webwerf bevat verslae oor vorige besprekings en ook 'n omvattende verslag oor die ­bevindinge.

Hierin is 'n lys kwessies met betrekking tot 1991 se besluite en voornemens geïdentifiseer. Die lys sluit in voor­vaderlike grondeise, die gewillige koper en verkoper-beginsel van ­toepassing op landbougrond, die ­nasionale hervestigingsprogram, en hervestigingskriteria en onteiening van landbougrond met regverdige vergoeding.

Die lys sluit ook die kwessie van plase in buitelandse besit in, asook ongebruikte plase, afwesige eienaars, grondbelasting en die grootte en hoeveelheid plase in die land.

Nog kwessies onder die loep is die stedelike grondhervormings­program, die verwydering van die veterinêre ­kordonheining (Rooilyn), grondwaardering en prysbepaling, ­ondersteuning vóór en ná hervestiging, die ­regstellende aksie-leningskema, toegang tot grond vir vroue en die jeug, en kommersiële banke se ­benadering tot kommunale grond.

Nuwe kwessies wat sedert 1991 aan die lig gekom het, sluit in die tegniese komitee op ­kommersiële landbougrond, die posisie van plaaswerkers, die rol van kommunale grond in die toekoms, toegang tot kommunale grond, ­benadeelde gemeenskappe, natuurbewaring teenoor boere se regte, betaling vir grond, grondtoekenning en ­-administrasie, asook gesamentlike weidingsregte.

Die grootskaalse verskuiwing van boere uit kommunale grondgebied, kleinboere se toegang tot kommunale grond, nieregeringsorganisasies en koöperasies sal ook bespreek word.

Nóg kwessies sluit in grens­geskille tussen tradisionele owerhede, 'n nasionale referendum oor die Grondwet, grondlewering en voorkeur aan plaaslike streekinwoners in die hervestigingsproses.

Inheemse groepe eis toelating tot nasionale parke as woongebiede, dat natuurlike hulpbronne soos grond genasionaliseer word, en dat die Etosha Nasionale Park ­verklein moet word.

Die tweede dag van die konferensie sal voorleggings van verskeie ministeries behels, asook insette van Agribank, nasionale ­vakbonde en akademici van Namibië en Suid-Afrika.

Die Verenigde Nasies (VN) se ekonomiese kommissie vir Afrika, en sy kos- en landbouorganisasie sal ook bydraes lewer.

Zimbabwiese ­regeringsbeamptes is ook genooi om gedagtes oor ­ondersteuning aan hervestigde boere te deel.

Van dag drie af sal wegbreeksessies gehou word waartydens vyf verskillende groepe spesifieke kwessies sal pak.

Dit sluit in landbouhervorming, grondbestuur, verblyfregsekerheid, stedelike grondhervorming, grondbelasting en die waardasiestelsel, asook grondgebruik, produktiwiteit en omgewingsvolhoubaarheid.

President Geingob sal op Vrydag 5 Oktober ná die aanneem van dié konferensie se resolusies die ­geleentheid amptelik afsluit.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026