Probleme met landings by Walvisbaai

Instrumentnaderings nie in gebruik

26 July 2019 | Vervoer
Catherine Sasman - SA Airlink het aangekondig sy vlug Maandag van Johannesburg na Walvisbaai kon nie land nie vanweë die afwesigheid van noodsaaklike navigasietoerusting by die lughawe.

Die redery sê toe die vliegtuig die lughawe nader, was die weerstoestande sodanig dat dit vir die kaptein nodig was om van instrumentnadering gebruik te maak.

“In die afwesigheid van die nodige navigasiehulpmiddels by die lughawe, moes die vliegtuig bo die lughawe sirkel en wag vir die bewolkte weer om op te klaar.

“Nadat dit vir ‘n tyd lank in die lug gesirkel het, is die vlug na Windhoek herlei om brandstof te hervul waarna dit teruggekeer en suksesvol by Walvisbaai geland het,” sê me. Karin Murray, senior bestuurder van verkope en bemarking by SA Airlink.

Die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) het verlede week alle instrumentnaderings by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA), asook by die Walvisbaaise lughawe onttrek.

Instrumentnaderings is lugvaartprosedures wat gebruik maak van toerusting by lughawens om vlieëniers met navigasie te help wanneer die sig in slegte weerstoestande swak is. Dit verseker dat vliegtuie veilig land.

Murray sê SA Airlink sal nie by HKIA landingsprobleme ervaar nie, aangesien dit ‘n RNAV GNSS-naderingstelsel (area-navigasiestelsel, geskakel met ‘n globale navigasiesatellietstelsel) in gebruik het.

Aangesien Walvisbaai nié daardie nadering het of enige alternatief bied vir die instrumentnaderings wat tans afgeskakel is nie, kan vliegtuie van SA Airlink nie in slegte weersomstandighede by Walvisbaai land nie.

“Ons is bewus daarvan dat die NCAA besig is om ‘n RNAV GNSS-nadering by Walvisbaai in gebruik te stel, maar daar is geen aanduiding wanneer dit beskikbaar sal wees nie. Onder die omstandighede wil SA Airlink hulle aanmoedig om die proses te verhaas,” het Murray gesê.

In die tussentyd, sê sy, sal hierdie redery se vlugte na Johannesburg of Windhoek herlei word om brandstof aan te vul en dan weer probeer om by Walvisbaai te land wanneer die weerstoestande verbeter.

Die NCAA het instrumentnaderings as ‘n voorsorgmaatreël onttrek. Dié owerheid se waarnemende uitvoerende direkteur, mnr. Reinhard Gärtner, sê dit is internasionaal die standaard om stelsels en prosedures van tyd tot tyd te hersien, en seker te maak dit voldoen steeds aan die regulatoriese sekuriteitsvereistes.

Gärtner het bygevoeg die instrumentlandingstelsel (ILS) en die visuele omnibakenreeks (VOR)-prosedures moet in 2020 hersien word, maar die NCAA het besluit om dit nou te doen. Volgens hom is die droë seisoen die beste tyd om dit van gebruik te onttrek, aangesien daar hierdie tyd van die jaar gewoonlik nie wolke en reënweer is nie.

Soortgelyk

 

Nóg twee kietsies kry nekbande

1 uur gelede | Omgewing

Nóg twee swartpootwildekatte is in die vroeë oggendure met nekbande toegerus. Prof. Morgan Hauptfleisch en sy span van die Black-Footed Cat Working Group is tans...

Okahandja-kleinhoewe oorstroom weer

12 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl die polisie gistermiddag bevestig het ‘n vrou is nog soek nadat die Okahandjarivier haar vroeg gisteroggend meegesleur het, was ‘n kleinhoewe-eienaar...

Geingob stil oor kleiner kabinet

12 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Ten spyte van die groot gewag daaroor in sy Oujaarsrede weet Namibiërs nog nie hoe groot pres. Hage Geingob se verkleinde kabinet...

Eerste swartpootwildekat kry nekband

12 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Daar is geskiedenis gemaak toe Namibië se eerste swartpootwildekat vandeesweek met 'n nekband toegerus is. "Om die klein katjies op te spoor,...

Weer vir 27 Februarie 2020

12 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Verspreide donderbuie sal oor die noordelike streke en Omaheke- en Khomasstreek voortduur waar kitsvloede verwag word. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik...

Drie stroop glo renoster in Etosha

12 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Vanaf 17 tot 23 Februarie is beslag op...

Droogte: Baie boere wurg nog

12 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Foto’s van vol riviere, opgaardamme waarvan die vlakke styg en panne water langs die pad en in die veld het die afgelope...

PDM, ECN hof toe gesleep

12 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Mnr. Norman Tjombe, die Windhoekse prokureur wat vier ontstoke Popular Democratic Movement (PDM)-lede verteenwoordig, het gister bevestig hulle gaan hof toe.Alle aanduidinge...

Volksmoorduitstalling veroorsaak onmin

12 ure gelede |

Jemima Beukes - Die bekendstelling van ’n Ovaherero- en Nama-volksmoorduitstalling getiteld “Learning from the past” is vir ‘n tweede keer uitgestel te midde van bewerings...