Pretorius berou seksdade met minderjariges

Staan tereg op verkragting, mensehandel
22 February 2021 | Howe
’n Voormalige Suid-Afrikaanse polisiebeampte, wat in November verlede jaar skuldig bevind is aan verkragting en mensehandel van minderjariges, sê hy is spyt oor wat hy gedoen het.
Martinus Pretorius (51) het dit gesê toe hy Woensdag ter versagting van sy vonnis voor hoërhofregter Hosea Angula getuig het.
“Wat ek met die minderjarige kinders gedoen het was regtig ’n onnosele fout gewees. Ek het geweet en ek is bewus dat dit wat ek aan die kinders gedoen het, verkeerd is.”
Hy het tydens kruisverhoor deur die staatsaanklaer, Felistas Shikerete-Vendura, ook erken dat sy “onnosele dade” die lewe van sy slagoffers verwoes het.
Die saak is uitgestel na 13 April om die vervolging genoeg tyd te gee om die twee getuies te ontbied wat sal getuig ter straf verswaring voor vonnis opgelê word.
SKULDIG BEVIND
Bewyse wat tydens die verhoor aangebied is, dui daarop dat Pretorius tussen April en Mei 2012 drie minderjarige meisies van tussen 13 en 14 jaar op Swakopmund verkrag het voordat hy in September van dieselfde jaar uit Namibië gevlug het.
Pretorius is in April 2016 in Suid-Afrika in hegtenis geneem, waarna hy in Desember 2017 aan Namibië uitgelewer is om op die klagte teen hom tereg te staan.
Pretorius is op 6 November skuldig bevind op ses klagte van verkragting en vyf klagte van mensehandel.
Hy het tussen April en Mei 2012 verskeie minderjarige kinders in sy huis op Swakopmund seksueel uitgebuit in ruil vir geld.
Hy is skuldig bevind aan verkragting op grond van sy eie erkenning dat hy onwettige seksuele dade met minderjariges gepleeg het.
Die klagtes van mensehandel is op grond van prima facie-bewyse gedurende die verhoor wat toon dat Pretorius verskeie minderjariges in sy huis gehou het vir seksuele uitbuiting inruil vir geld.
Hy het by die Rössing-uraanmyn naby Arandis gewerk toe die misdade gepleeg is.
Pretorius word in die Windhoek Sentrale Gevangenis aangehou tot sy volgende hofverskyning op 13 April. - Nampa

Soortgelyk
Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan "onder die beste...
2 ure gelede | Gesondheid
N$583 miljoen vir Namibië se Covid-19 Ontplooiings- en Immuniseringsplan...
2 ure gelede | Gesondheid
Covid-19-regulasies geld tot 31 Maart
3 ure gelede | Gesondheid
Knopvelsiekte breek in Omaheke uit
3 ure gelede | Landbou
Metro spoils its customers
5 ure gelede | Plaaslik
Vrou woon in haar motor by hospitaal
13 ure gelede | Mense
Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker
13 ure gelede | Vervoer
Ses damme voller as 100%
13 ure gelede | Weer
Weer vir 24 Februarie
13 ure gelede | Weer
Kleinadvertensies