President duld geen laatkommers
Augetto Graig - President Hage Geingob se woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, het ’n bondige verklaring oor Maandag se mislukte poging tot ’n vergadering met die Mynwerkersunie van Namibië (MUN) uitgereik.
“Die afvaardiging het laat opgedaag, sonder enige kennisgewing, wat pres. Geingob gedwing het om die perseel te verlaat om aandag aan ander dringende staatsake te skenk,” lui die verklaring.
Hengari dring aan die vakbondleiers is nie deur Staatshuis se veiligheidsbeamptes opgehou nie, en die vergadering is ook nie gekanselleer nie, sê hy.
Volgens hom is dit reeds op 11 Maart op versoek van die MUN se sekretaris-generaal, mnr. Ebben Zarondo, bevestig dat die vergadering Maandag om 10:00 sou plaasvind.
Dié versoek was die gevolg van ’n besluit wat op 8 Maart tydens ’n vergadering van die MUN se nasionale uitvoerende hoofde geneem is, waar besluit is om Geingob te nader oor mnr. Clemens Mutjavikua, goewerneur van die die Erongostreek.
In klankopnames wat wyd in sosiale media versprei is, gee hy oënskynlik Chinese meerderheidsaandeelhouers in Husab-uraanmyn raad oor hoe om van Namibiese werknemers ontslae te raak.
“Die president se kantoor het op 11 Maart per brief ingestem om op 18 Maart om 10:00 by Staatshuis met die MUN te vergader. President Geingob en ’n afvaardiging, wat die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, die adjunk- eerste minister, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, en lynministers insluit, het voor die tyd opgedaag. Voor hy die perseel verlaat het, moes Geingob veel meer as 10 minute wag,” het Hengari in die verklaring gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie