Prasa krygskamer ‘werk aan’ passasiersyfers
Khulekani Magubane, Fin24 – Die beleërde Passasierspooragentskap (Prasa) sê sy krygskamer om ’n omkeerplan te bewerkstellig, is reeds op dreef, slegs een maand nadat dit gevorm is.
Een van sy groot teikens is om die enorme daling in passasiers sedert 2010 aan te pak.
In die nege jaar het reise op sy treine met 67% van 634 miljoen tot 208 miljoen in 2019 getuimel.
Terselfdertyd het die land se bevolking met bykans 14% van sowat 51 miljoen tot meer as 58 miljoen toegeneem.
Prasa het die parlementêre oorsigkomitee Woensdag oor sy strategiese en jaarlikse prestasie ingelig.
Prasa het in April 2018 ’n waarnemende direksie aangestel toe hy homself in ’n krisis bevind het ná jare se wanbestuur.
Dié direksie se bewind is in April 2019 verleng en Prasa het al verskeie senior werknemers geskors of afgedank nadat talle interne ondersoeke gedoen is.
Maar die spooragentskap se swak prestasie met verwysing na passasiers duur steeds voort.
Sy afgevaardigdes, gelei deur Khayisile Kweyama, voorsitter, het aan LP’s verduidelik dat sy bedryfsprestasie oor die afgelope dekade swaar kry en dat reise op sy treine selfs net teenoor verlede jaar met 61 miljoen van 269 miljoen gedaal het. Dit is ’n daling van 22,7% in slegs een jaar.
Vorige planne het misluk
Prasa sê sy vorige omkeerplanne het ernstig misluk.
“Oor die afgelope sewe jaar het Prasa gemiddeld 33,2% van sy sleutel- prestasieteikens gehaal.
“Die modernisering van infrastruktuur is drie jaar agter.”
Prasa sê sy krygskamer, wat in Augustus deur Fikile Mbalula, minister van vervoer, van stapel gestuur is, werk tans aan die vordering van ’n 100-dae-verbintenis tot die verbetering van diens en sekerheid, terwyl die agentskap se kapitalisasie versnel word.
“Die oprigting van die krygskamer, gelei deur ’n tegniese taakspan, met diepgaande kennis en ervaring in spoorwegbedrywighede, sal die daaglikse diensprestasie beoordeel, probleme identifiseer wat die werkverrigting belemmer, en moet vinnige aanbevelings hê oor hoe om hulle op te los,” luidens die voorlegging.
Die agentskap sê die tegniese taakspan vergader daagliks om diensvlakke te beoordeel en ingrypings te oorweeg om sy prestasie te verbeter.
– Fin24, verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie