Poste by openbare gesondheidsgeriewe gevul
Sedert Januarie vanjaar is ’n totaal van 257 poste in verskillende kategorieë by verskillende openbare gesondheidsgeriewe oraloor die land gevul. Dit sluit 135 geregistreerde verpleegsters, 22 aptekers, 64 assistent-aptekers, 16 radiografiste en 20 assistent-radiografiste in. Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) benodig volgens ’n vergelykende evaluering wat in 2018 gedoen is 7 338 bykomende personeel in verskillende kategorieë. Die groot stok in die wiel is egter ’n gebrek aan geld wat maak dat dié poste nie geskep kan word nie.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie