Politikus vra borg wat vrou glo slaan

Saak uitgestel

03 January 2020 | Howe
Kenya Kambowe – Die Swapo-raadslid vir die Ndiyona-kiesafdeling, mnr. Eugen Likuwa (49), is die afgelope week in die Rundu-landdroshof borgtog geweier nadat hy sy vrou glo op Kersdag aangerand het en gedreig het om haar te vermoor.

Die formele aansoek om borgtog, wat Likuwa Dinsdag gebring het, duur na verwagting vandag voort.

Landdros Hellen Olaiya het die saak Maandag tot 20 April vir verdere polisieondersoek uitgestel.

Likuwa sal na verwagting ook op dié dag op die klagte teen hom pleit en ’n verhoordatum sal moontlik vasgestel word.

Twee klagte staar hom in die gesig – een van aanranding deur dreigement en een van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Albei die klagte word gelees met die bepalings van die wet op huishoudelike geweld.

Die staat het Maandag borgtog teengestaan omdat oortredings wat met geslagsgegronde geweld verband hou, ernstig is.

Hiernaas sou borgtog nie in openbare belang wees nie, het die staat aangevoer.

Borgtog is ook teengestaan omdat Likuwa moontlik met die polisieondersoek of staatsgetuies kan inmeng.

Die raadslid het die hof ingelig hy is voornemens om sy eie verdediging te behartig.

Volgens die klagstaat het die voorval omstreeks 20:00 op Kersdag naby die Vashweneka-nedersetting plaasgevind toe Likuwa glo sy vrou se kop teen die grond gedruk het en haar met die vuiste toegetakel het.

Hy het haar na bewering ook met die dood gedreig.

Namibian Sun verneem die beweerde voorval het ontstaan nadat Likuwa se vrou en sy suster glo stry gekry het.

’n Aantal Swapo-lede het die hofverrigtinge bygewoon.

[email protected]

Soortgelyk

 

Kawana gee besonderhede oor viskwotas

2 ure gelede | Visserye

Nuwe aansoekers sal 56,2% van viskwotas ontvang en bestaande regtehouers die balans van 43,8%.Dr. Albert Kawana, wat as nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne...

Namibië het nou 23 bevestigde Covid-19-gevalle

13 ure gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19 (nr. 23) is 'n 38-jarige Namibiese vrou wat op 23 Mei vanaf Dar es Salaam, Tanzanië na Namibië...

The cream of the crop

13 ure gelede | Mense

Ester KamatiMonica Gwala (Niilenge), the owner of Mo-nize Farmstead Fresh Produce, is the only entrepreneur amongst six siblings, specifically in the field of agriculture –...

Namibië oper, Walvis toe

13 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die staatshoof, pres. Hage Geingob, sê fase 3 wat Dinsdag in werking tree, gaan van Namibiërs vereis om groter verantwoordelikheid vir hul...

Baie meer as miljard vir Air Nam nodig

13 ure gelede | Regering

Ronelle Rademeyer – Die N$984,6 miljoen wat in die nuwe boekjaar uit die belastingbetaler se sak na die nasionale redery gaan vloei, sal net “die...

Weer vir 29 Mei 2020

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm. GETYE...

Ouwêreldse vermaak by 'nuwe' inryteater

13 ure gelede | Kuns en vermaak

Yandi du PlessisDalk is jy al keelvol vir Netflix of ShowMax, of bloot net uitgekuier om by die huis te sit. Dalk verlang jy na...

Vier 'renosterstropers' verskyn in camera

13 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Vier van die agt verdagtes wat vandeesweek in verband met renosterstropery en -horingsmokkelary vasgetrek is, het gister in camera in die streekshof...

San gebruik spaargeld vir wateraanleg

13 ure gelede | Omgewing

Die San-gemeenskap in die N‡a Jaqna-bewaringsgebied se water­infrastruktuur is al vir jare 'n uitdaging. Water is 'n skaarste in Namibië en inwoners van dié bewarings­gebied...