Politieke strydros van Rehoboth groet

Meer as 40 jaar in die tuig

06 April 2021 | Mense
Die bekende politikus en boer van Rehoboth, mnr. Piet Junius (79), het ná ‘n kort siekbed Saterdag in Windhoek gesterf.

Hy is Vrydag in ‘n private hospitaal in Windhoek opgeneem, het sy dogter, me. Francia Zealand, gister gesê. Saterdag het ‘n hartaanval gevolg, waarna hy na die intensiewesorgeenheid oorgeplaas is.

Die familie het ‘n positiewe toets vir Covid-19 as ‘n vermoedelik bykomende oorsaak bevestig.

Die heengaan van Karasburg se burgemeester, me. Marlene Ortman, die afgelope Saterdag op Keetmanshoop, is ook aan die pandemie toegeskryf. Sy was ‘n verpleegster voordat sy haarself vir die Landless People’s Movement (LPM) verkiesbaar gestel het.

Junius was sedert 2009 by die United People’s Movement (UPM) betrokke, waar hy eers as visepresident gedien het en in 2018 tot president verkies is. Hy het beplan om in Julie 2021 uit die aktiewe politiek te tree.

“Sy bydraes en leierskap sal gemis word,” het mnr. Jan van Wyk, visepresident van die UPM, in ‘n nuusvrystelling gesê. Hy het Junius se politieke wysheid en ondervinding geëer, asook sy rol in die stryd om erkenning vir alle oorlogsveterane, nie net die van Swapo nie.

Junius, opgelei as onderwyser, was in die jare sewentig ‘n lid van die Basterafvaardiging na die Turnhalle-konferensie en was later ‘n stigterslid van die DTA (vandag die People’s Democratic Movement, PDM).

Hy het vanaf 1979 tot 1983 in die SWA parlement gedien en was in die oorgangsregering (1985 tot 1989) adjunkminister van onderwys en staatsdiens.

Junius was ‘n lid van Namibië se grondwetskrywende vergadering en het die DTA later as ondervoorsitter gedien. Hy was hoofsweep vanaf 1990 tot 2003, toe hy uit die Nasionale Vergadering bedank het.

‘n Diens vind môreaand vanaf 19:00 uit die Verenigde Gereformeerde Kerk op Rehoboth plaas en Junius sal die naweek op sy plaas Kurunab, sowat 60 km suid van Rehoboth, ter ruste gelê word.

Hy word oorleef deur sy vrou Nella, kinders en kleinkinders.

Soortgelyk

 

Headspring Investments sê oor boorpermitte

7 ure gelede | Omgewing

Headspring Investments lig sy boorkontrakteurs gereeld oor permitvoorwaardes in en die kontrak met kontrakteurs sluit klousules in wat bepaal hulle moet oor die registrasies en...

Meer as 50% van geteikende bejaarde bevolking ingeënt

8 ure gelede | Gesondheid

Namibië het 55% van sy geteikende bejaarde bevolking ingeënt, terwyl 49,8% van die teikenbevolking van mense met onderliggende toestande 'n entstof teen Covid-19 ontvang het....

Twee tuissterftes, 15 nuwe gevalle

8 ure gelede | Gesondheid

Twee tuissterftes in die Noorde van die land stoot die Covid-sterftesyfer op tot 3 571. Gister is 15 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van...

Kospryse deur die dak

23 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer Voedselpryse het wêreldwyd die hoogste vlak in tien jaar bereik en lande sal vanjaar meer as US$1,75 triljoen (sowat N$27 triljoen) aan voedselinvoere...

Toerisme: N$100...

23 ure gelede | Toerisme

Erwin Leuschner Swakopmund was gister die eerste om besonder­hede oor die regering se herlewingsplan vir toerisme te hoor.Die konsepplan strek van 2022 tot 2024 en...

Nog ’n Fishrotter doen aansoek om borgtog

23 ure gelede | Howe

Kristien KrugerNog ’n beskuldigde in die Fishrot-sage se formele aansoek om borgtog sal vandag in die hoërhof in Windhoek begin.Regter Johanna Salionga het gister die...

Namibiër deur Prins William vereer

23 ure gelede | Omgewing

Die uitvoerende hoof van Save the Rhino Trust (SRT) in Namibië, Simson Uri-Khob, is Maandagaand in Londen met die Prins William-toekenning vir Bewaring in Afrika...

Weer vir 23 November 2021

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die Suide en Ooste, maar bewolk en baie warm met enkele donderbuie in Zambezi. Elders sonnig...

La Niña vestig amptelik

23 ure gelede | Weer

Elvira HattinghDit is amptelik: La Niña het nou in die tropiese Stille Oseaan gevestig, het die Australiese Buro vir Meteorologie gister (23 Nov) gesê. “La...