Polisieman in Kuisebmond doodgesteek

06 June 2021 | Misdaad
'n Konstabel wat by die polisiekantoor in Kuisebmond diens doen, is in die vroeë oggendure Saterdag dood nadat hy naby sy meisie se huis deur vyf mans met mense aangeval is.
Die 29-jarige konst. Asser Dominicus (foto) en sy meisie was om halfeen die oggend onderweg na haar huis in James Brownstraat nadat hulle by vriende gekuier het. Vyf mans met messe het hulle voorgekeer en vir waardevolle items deursoek, lui 'n verslag deur die polisie in die Erongostreek.
Die bende het niks geroof nie, maar toe hulle verder stap, is Dominicus van agter in die linkerskouer met 'n mes gesteek. Toe hy omdraai, het hulle hom in die bors en abdomen gesteek en weggehardloop. Die paartjie het die laaste sowat 200 m na haar huis probeer gestap, maar hy het neergeval en gesterf.
Dominicus is deur die paramedici van E-Med Rescue dood verklaar toe hulle op die toneel kom.
Volgens die polisie is een persoon sover as deel van die ondersoek in hegtenis geneem.
.
Foto: Verskaf

Soortgelyk

 

Profeet TB Joshua sterf

1 uur gelede | Mense

Die bekende evangelis en filantroop, past. Temitope Balogun (TB) Joshua, is dood.Is het Saterdagaand, 'n week voor sy 58ste verjaardag, in Lagos, Nigerië gesterf, berig...

Polisieman in Kuisebmond doodgesteek

1 uur gelede | Misdaad

'n Konstabel wat by die polisiekantoor in Kuisebmond diens doen, is in die vroeë oggendure Saterdag dood nadat hy naby sy meisie se huis deur...

Ses sterftes stoot syfer oor 900, 480 nuwe gevalle

17 ure gelede | Gesondheid

Ses nuwe sterftes stoot die totale syfer vir Namibië oor die 900-kerf tot 905. Die sterftes is vier in Windhoek en een elk in Outjo...

Covid-19: Gevalle styg in 24 uit 35 distrikte

21 ure gelede | Gesondheid

Namibië bly in die kloue van ‘n nuwe brander Covid-19-infeksies.Gedurende die sewe dae tot Donderdag het nuwe gevalle in 24 van die land se 35...

22 sterftes, 596 nuwe gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer vir Namibië skiet met nog 22 - 12 in Windhoek, twee in onderskeidelik Rehoboth en Walvisbaai, drie in Mariental en een elk...

Rehoboth soek strenger aandklok-monitering teen Covid

1 dag gelede | Gesondheid

Die United People's Movement (UPM) het die streeksbevelvoerder van die polisie in die Hardapstreek, komm. Andries van der Byl, gevra vir polisieversterkings op Rehoboth sodat...

Beesvleisforum vorder met abattoirplan

2 dae gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – ’n Groep bekommerde beesprodusente wat ten alle koste Namibië se nismarkte in die buiteland vir die voortbestaan van dié bedryf wil beskerm,...

Avonturier verdrink byna tydens riviervaart

2 dae gelede | Mense

Ronelle Rademeyer – ’n Suid-Afrikaanse avonturier wat verlede week ná 55 dae en 2 200 km in sy geel roeiboot die Oranjerivier se monding by...

Harmse on unlimiting the future

2 dae gelede | Mense

Barney Harmse was born in Mafikeng in South Africa in 1970 and his family moved to Namibia when he was just four years old. From...