Polisiehelikopter vind vermiste man
Polisiehelikopter vind vermiste man

Polisiehelikopter vind vermiste man

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die vreugdevure het Saterdag hoog gebrand toe mnr. Nick Nikles (76) Saterdag deur ’n polisiehelikopter op ’n plaas in die Kamanjab-distrik gevind is nadat hy vir twee dae vermis was.


Nikles en sy hondjie Whiskey het Donderdag omstreeks 14:00 op die plaas Klipdrift gaan ry om glo sand vir 'n bouprojek op die plaas te gaan haal. Hy het glo niks by hom gehad nie, ook nie ’n warmding nie en het nie teruggekeer nie.

Vriende en familie onder leiding van die bekende sakeman van die Noorde, mnr. Ettiene Scholtz, het ’n soektog van stapel gestuur en ’n polisiehelikopter is ingespan.

Scholtz het aan Republikein gesê mnre. Jaco Muller en Kiepie Burger het ook met hul girokopters na Nikles help soek.

“My pa is ongedeerd gevind! Hy en sy hondtjie is fine, net dors en honger. Hy het in ’n rivierbed vasgesit en kon nie uitkom nie. Die helikopter het hom opgetel en veilig op die plaas besorg,” het sy dogter, me. Marlene van Staden, op Facebook geskryf.

“Baie, baie dankie vir almal se gebede, wense en almal wat help soek het. Ons familie is oneindig dankbaar.”

Die Namibiese polisie het bevestig dat Nikles Saterdag gevind is.

“Sy bakkie het ’n papwiel in die bergagtige gebied buite die selfoonopvangsgebied gekry. Hy is Saterdag vanuit die polisiehelikopter gesien, opgepik en aan sy familie terugbesorg,” lui die polisieverslag.

Volgens Scholtz het Nikles met die bakkie in die rivier vasgesit en 'n pap band gehad.

“Ongelukkig was daar nie 'n spaarwiel op die bakkie nie. Die oom het darem bietjie water by hom gehad en vyf kilometer ver gestap,” het Scholtz gesê.

- [email protected]



Foto Facebook/Nampol

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!