Polisiebeamptes u2018verdwynu2019 met kiesmateriaal
Polisiebeamptes u2018verdwynu2019 met kiesmateriaal

Polisiebeamptes ‘verdwyn’ met kiesmateriaal

Die streekraad- en plaaslike owerheidsverkiesing het op enkele uitsonderinge na, sonder voorvalle verloop.
Ronelle Rademeyer
Hoofredaksie en Ester Kamati op Otjiwarongo - Twee polisiebeamptes wat Dinsdagaand met verkiesingsmateriaal op Otjiwarongo “verdwyn” en eers 40 minute voordat stempunte gisteroggend geopen het met dié materiaal te voorskyn gekom het, is deur die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) toegelaat om hul werk voort te sit.

Daarmee is die presedent wat die afgelope naweek op dié dorp geskep is, voortgesit. Drie verkiesingsbeamptes wat Swapo openlik by ’n verkiesingsveldtog op die dorp ondersteun het en ontslaan is, is kort daarna sonder meer weer in hul poste aangestel.

Gisteroggend, terwyl kiesbeamptes reggemaak het om ’n mobiele stemlokaal by die polisie se kantien op Otjiwarongo te open, is vasgestel sensitiewe verkiesingsmateriaal word vermis.

Enkele minute later, teen omstreeks 06:20, het twee polisiebeamptes wie se opdrag dit was om die verkiesingsmateriaal by dié stempunt te bewaak, met dit daar aangekom.

Dit is nie duidelik waar hulle Dinsdagaand was toe hulle verkiesingsprotokol verbreek en die materiaal van die perseel verwyder het nie.

Hulle het met verkiesingsbokse vir beide die streekraad- en plaaslike owerheidsverkiesings daar opgedaag. Van die ander materiaal het boeke met die stembriewe en verkiesingstempels ingesluit.

Die ECN se terugkerende beampte vir die plaaslike owerheidsverkiesing op Otjiwarongo, mnr. Zondo Kaura, het die voorval bevestig. Hy sê hy het die voorsittende beampte by die betrokke mobiele stempunt, me. Selma Mathews, om 05:37 gebel en om 06:20 het die eerste polisiebeampte by die stemlokaal aangekom, gevolg deur sy kollega ’n paar minute later.

Volgens Kaura is die politieke partye se agente ingelig oor wat gebeur het en genooi om die verseëlde bokse te inspekteer.

Die verkiesingsboeke is ook bladsy vir bladsy nagegaan om te sien of daarmee gepeuter is. “Hulle was tevrede dat hulle nie enigiets verdag opgemerk het nie,” het Kaura gesê. Hy het ook ‘n verklaring in dié verband by die polisie afgelê wat die voorval ondersoek het.

Komm. Henrich Thiweze, streeksbevelvoerder van die polisie in die Otjozondjupastreek, wou nie kommentaar lewer nie en het gesê die polisie sal ‘n verklaring uitreik ná die ondersoek voltooi is.

Lt.genl. Sebastian Ndeitunga, hoof van die polisie, het die voorval by navraag as “ernstige wangedrag” beskryf en gesê dit is onaanvaarbaar.

Hy het gesê die twee beamptes moet van dienslewering tydens die verkiesing verwyder word en aangekla word.

Kaura het ná middagete gister laat weet die twee polisiebeamptes is verwyder en met ander beamptes vervang.

LANG RYE OP PLEKKE

Die span joernaliste wat op stemdag deur Republikein en die susterskoerante Namibian Sun en Allgemeine Zeitung landswyd ontplooi is, het berig die stemproses het vreedsaam en grotendeels deursigtig verloop.

Altesaam 1 408 670 kiesers was vir die streekraadsverkiesing geregistreer en 451 870 vir die plaaslike owerheidsverkiesing.

Op sommige plekke het mense vyf ure en langer in rye gewag, terwyl die proses later in die dag by die meeste van die stempunte aansienlik vinniger verloop het.

By sommige stempunte in Windhoek het kiesers teen gistermiddag binne vyftien minute van aankoms klaar gestem.

Op Otjiwarongo is enkele kiesers wat onlangs daarheen verhuis het, weggewys omdat hulle nie in daardie kiesafdeling geregistreer is nie.

Die verkiesingsreëls bepaal mense mag net in die oorspronklike kiesafdelings waar hulle geregistreer is, ‘n stem uitbring.

Op Omaruru is ‘n kiesers in hegtenis geneem wat ‘n foto geneem het terwyl hy gestem het. Nie is nie bekend of hy aangekla is, of vrygelaat is nie.

Op plekke soos Mariental, in Windhoek en aan die kus moes kiesers lang rye trotseer, terwyl die proses op Rundu blitsig verloop het. By sommige stempunte het daar lang tye verloop wat geen kiesers opgedaag het om te stem nie.

Nadat die Affirmative Repositioning- (AR)beweging beswaar gemaak het teen die feit dat pensioenarisse eerste toegelaat is om te stem, is twee rye vanjaar gevorm. Een waarin mense bo 60 jaar kon aantree om te stem en ‘n tweede rye vir jonger mense.

Die ECN se voorsitter, me. Notemba Tjipueja, het gistermiddag tydens ‘n nuuskonferensie by dié kommissie se hoofkantoor in Windhoek gesê sy tevrede met hoe die verkiesing verloop.

‘n Rekordgetal van 93 onafhanklike kandidate het hulle vir die streeksraadverkiesing verkiesbaar gestel. Altesaam 493 kandidate het gestaan, van wie 70 vroue is.

Swapo was die wenner in die kiesafdelings Nkurenkuru, Torondo, Mankumpi and Uuvudhiya nadat geen ander partye kandidate in dié kiesafdelings gestel het nie.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%