Polisie vra opnuut hulp met Avihe
Denver Kisting
Die polisie het gistermiddag gesê die eenstuk-speelpakkie wat die negejarige vermoorde Avihe Ujaha aangehad het, is steeds soek.
Haar pienk plakkies en armbandjie, wat sy ten tye van haar verdwyning verlede naweek aangehad het, is ook nog nie gevind nie.
Die polisie het laat gister 'n skets uitgereik van die meisietjie met die uitrusting wat sy aangehad het.
Namibië is verlede week tot in sy fondamente geskud deur die nuus oor Avihe se verminkte liggaam.
Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, die nasionale polisiewoordvoerder, sê: “Pogings van die Namibiese polisie om die moordenaar(s) van klein Cheryl Avihe Ujaha te vind en vas te trek het nog geen tasbare resultate opgelewer nie.
“Derhalwe versoek die polisie opnuut die publiek om met inligting vorendag te kom wat tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van die oortreder(s) sal lei.”
Kanguatjivi vra enigiemand wat haar op Sondag 26 Augustus gesien het om met die Khomasstreek se koördineerder van misdaadondersoeke, adj.komm. Abner Agas, in verbinding te tree by 081 124 2649.
Kanguatjivi het benadruk die polisie sal die identiteit van hul bronne beskerm.
Gedenkdiens vandag
Daar vind vanoggend 'n gedenkdiens vir Avihe by haar laerskool, Gammams, in Khomasdal plaas.
Lifeline/Childline sal 'n span beraders by dié diens hê om bystand te verleen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie