Polisie vir miljoene dollars gedagvaar
'n Suid-Afrikaanse paartjie dagvaar die polisie nadat hulle van mensehandel beskuldig is.
Henriette Lamprecht
'n Paartjie van Suid-Afrika wat in 2013 vir etlike dae op Rundu aangehou is omdat hulle na bewering die wet op indiensneming oortree het en van mensehandel aangekla is, sleep die ministerie van veiligheid en sekuriteit vir miljoene hof toe.
Mnr. Pieter Hendrik Groenewald en me. Elmarie Greeff, wat in Groblersdal in Suid-Afrika woon, dagvaar ook die aanklaer-generaal vir onwettige aanhouding.
Groenewald en Greeff is in 2013 in hegtenis geneem nadat hulle saam met 12 San-mans van die Bwabwata Nasionale Park na Suid-Afrika onderweg was.
Hulle is van mensehandel sowel as die oortreding van die wet op immigrasiebeheer aangekla.
Hulle is aanvanklik daarvan aangekla dat hulle die indiensnemingswet oortree het, wat die werwing van Namibiërs verbied om vir 'n maatskappy buite die land werk sonder om aan die wet op gelyke indiensneming te voldoen.
Groenewald sê in hofstukke hy en Greeff is op 1 April sonder lasbriewe in hegtenis geneem.
Hy is vir 15 dae en Greeff vir vyf dae in die polisieselle op Rundu aangehou waarná hulle vrygelaat is.
Hul vrye beweging is beperk en hulle kon vir byna twee maande nie na hul geboorteland terugkeer nie.
Volgens Groenewald het die aanklaer-generaal met die klagte teen hom en Greeff voortgegaan, wat tot hul “mislukte vervolging” gelei het asook die terugtrek van klagte teen hom en Greeff op 2 Julie 2015 ná 'n verhoor van twee weke.
Weens sy vervolging dagvaar Groenewald die ministerie en die aanklaer-generaal nou vir meer as N$1,6 miljoen.
Dit sluit in regskoste, professionele fooie vir borgtog en die verhoor, reis- en verblyfkoste, algemene skade met betrekking tot laster en ongemak, sowel as die verlies aan inkomste vir die duur van sy aanhouding en verhoor.
Greeff eis N$928 723 wat onder meer ook haar regskoste en die verlies aan inkomste vir die duur van haar aanhouding en verhoor insluit.
In sy verweer ontken die aanklaer-generaal die klagte teen Groenewald en Greeff was vals.
Volgens hom is 19 aanklagte teen hulle ingedien wat met die oortreding van die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad verband hou, en het die redelike oortuiging bestaan dat Groenewald en Greeff inwoners uit die San-gemeenskap onder valse voorwendsels en sonder die nodige goedkeuring na Suid-Afrika geneem het.
In die omstandighede was 'n lasbrief nie nodig nie, en was hul aanhouding dus ook nie onwettig nie, sê hy.
Mnr. Daniel Kambathi, een van die mans wat deur Groenewald en Greeff in diens geneem is, het in hofstukke gesê hy het Groenewald in Februarie 2013 by hoofman Mafuta se huis ontmoet.
Groenewald het deur middel van 'n tolk gesê hy soek mense om vir hom as veiligheidswagte of veldwagters te werk.
Die mense sou op mielieplase uitgeplaas word waar hulle die mielies teen bobbejane en diewe moes beskerm.
Nog mense sou op wildsplase uitgeplaas word waar hulle wild teen stropers moes beskerm.
Volgens Kambathi het hy al die beloofde geld en uniforms ontvang, het hy in skofte gewerk en was hy te alle tye vry om met sy familie in Namibië te kommunikeer.
Hy het ook ontken dat hy aan die polisie gesê het Groenewald het hom sleg behandel.
Indien hy die geleentheid kry, sal hy na Suid-Afrika terugkeer om weer vir Groenewald te werk, sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie