Polisie soek vermeende verkragter in berge
Katutura se beskermingseenheid vir geslagsgeweld van die Namibiese polisie vra dringend die hulp van die publiek om 'n vermeende verkragter (20) te help opspoor nadat 'n agtjarige meisie verkrag is.
"Die verkragting het Vrydag omstreeks 16:00 op die plaas Satan Stocht in die Windhoek-distrik plaasgevind toe 'n 20-jarige man die meisie se geslagsdele glo met 'n mes gesny en haar verkrag het," het 'n polisiewoordvoerder, me. Kauna Shikwambi, gesê.
"Die verdagte is Gervin Gowanob wat sedert die voorval die berge in gevlug het. 'n Soektog is in die berge van stapel gestuur, maar hy is nog nie opgespoor nie," het Shikwambi gesê en die hulp van die publiek versoek.
Volgens haar is die meisie in 'n erg kritieke toestand in die Windhoek Sentrale Hospitaal opgeneem.
Enige iemand met inligting moet vir inspekteur Kayipiti by 081 296 2322 of die naaste polisiestasie kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie