Polisie ‘skiet’ man by hospitaal

Tanja Bause
Tanja Bause – ‘n Man is by ‘n hospitaal deur skrapnel van ‘n koeël uit ‘n polisiewapen getref.

Mnr. Gerson Mwandjavali was by die Katutura-staatshospitaal om X-strale van sy longe te laat neem.

“Ek was eers by die staatshospitaal in Katutura omdat ek baie pyn gehad het. Die dokter daar het gesê ek moet Windhoek Sentrale hospitaal toe gaan vir die X-strale omdat hulle dit nie daar kan neem nie,” het hy gesê.

Hy het met die ambulans gery en die X-strale is geneem. Mwandjavali is terug Katutura-hospitaal toe gestuur met sy X-strale onder die arm.

“Ek het buite voor die noordelike ingang se deure gestaan en vir die ambulans gewag. Daar was ’n papier teen een van die pale opgesit en ek het dit gelees, toe hoor ek ’n voertuig aankom. Dit was nie die ambulans nie, maar ’n bakkie van die polisie.”

Hy het verder gelees en hom nie aan die bakkie gesteur nie.

“Ek hoor toe die bestuurder se deur oopgaan en hoe ’n wapen gespan word. ’n Sekonde later klap ’n skoot, en my arm pyn en bloei.”

Skrapnel het twee gate geskiet deur die X-strale wat hy onder sy arm vasgehou het.

Hy het om die bakkie gestap en wou terug in die hospitaal inloop toe twee polisiemanne hom by die deur voorkeer. Volgens Mwandjavali was daar sowat 10 tot 15 polisiebeamptes op die bakkie.

“Hulle het my gekeer en gesê ‘meneer, het ons u nou raakgeskiet of wat?’”

Hy het vir hulle sy bloeiende arm gewys. Die polisie het hom na die Katutura-polisiekantoor geneem om ‘n vorm te kry waarop aangedui is hy is geskiet en dat die hospitaal hom moet behandel.

“Toe het hulle my na die Katutura-hospitaal toe geneem. Daar het die dokter my weer na die sentrale hospitaal verwys vir X-strale van my arm.”

Die polisie het met hom na dié toe gery en gewag dat die X-strale geneem word. Daarna het hulle hom teruggevat Katutura-hospitaal toe.

“Die dokter het gesê hulle kan nie nou die stuk uithaal nie omdat ek nie ’n saak geopen het nie en dat ek dit eers moet doen.”

Volgens Mwandjavali het hy uiteindelik by ’n dokter uitgekom wat gesê het hy moet oor twee weke terugkom. Dan sal hulle kyk die stuk skrapnel verwyder kan word.

Saterdag is Mwandjavali saam met mnr. Isaak Andrews na die hoofpolisiekantoor toe om ’n saak aan te gee.

“Die konstabel het vir Gerson aanhoudend gebel, totdat ek die foon afgevat het en gesê het ons is nou besig om ’n saak van poging tot moord te open en hy moet ophou bel,” het Andrews gesê.

Volgens hom het dit sowat drie uur geduur voordat die saak aanhangig gemaak is.

“Hulle het baie verskonings gehad. Die polisie het gesê dat ons nie ’n saak vir poging tot moord kan open nie, want die pistool het per ongeluk afgegaan. Hulle het ook gesê dat hulle eers met die konstabel moet praat. Hulle het ons vir drie ure aan ‘n lyntjie probeer hou en die saak probeer laat verdwyn, maar ons het sterk gestaan en die saak geopen,” het Andrews gesê.

“My arm pyn en my klein vinger gaan in spasmas in,” het Mwandjavali gesê.

“Ek werk met ’n pik en maak gate in die grond vir swembaddens. Nou kan ek dit nie doen nie en niemand gee om nie. Ek het vir bors-X-strale hospitaal toe gegaan en nou sit ek met skrapnel in my arm.”

Woordvoerders van die Namibies polisie het teen druktyd nog nie op vrae oor die voorval gereageer nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A