Polisie: Ouers moet kinders by water dophou
Polisie: Ouers moet kinders by water dophou

Polisie: Ouers moet kinders by water dophou

Drie tieners het die afgelope naweek glo ’n sestienjarige meisie verkrag.
Drie mense het die afgelope naweek in Namibië verdrink.

Vrydag het 'n elf maande oue babaseuntjie glo in 'n emmer water verdrink. Die voorval het tussen 14:00 en 15:00 by 'n huis op Karasburg plaasgevind. Sy ma het op sy lykie afgekom.

Aludilu Venodio (6) het Saterdag om 13:00 in 'n dam in die Epalela-nedersetting in die Omusatistreek verdrink terwyl hy geswem het.

Saterdag omstreeks 20:00 het mnr. Ambunda Tangeni (22) in die ­munisipale swembad in Katutura verdrink.

Hy het glo sy werk se jaareind­funksie bygewoon en daarná gaan swem toe die ongeluk gebeur het.

Die woordvoerder van die Nami­biese polisie, hoofinsp. Kauna ­Shikwambi, het 'n beroep op mense gedoen om versigtig te wees wanneer hulle in swembaddens, riviere of damme swem.

“Volwassenes wat alkohol gedrink het of nie kan swem nie, word aangeraai om die water te vermy. Ouers moet hul kinders dophou wanneer hulle in die water is om ­verdrinking te verhoed. Ons raai ouers ook aan om alle emmers met water toe te maak en weg te hou sodat klein kinders nie daarin val nie,” sê sy.



Moord

'n Angolese burger (31) het sy ­Angolese vriendin (39) glo tussen Saterdag en Sondag in die Oidiva-nedersetting vermoor.

Hy het haar glo verwurg en daarná gesê sy het op die bed gesterf en hy weet nie wat haar dood veroorsaak het nie.

Die polisie het die man later in verband met die vrou se moord in hegtenis geneem.

Me. Maria Jochem (31) se kêrel (31) het haar Saterdag tussen 22:00 en 23:00 glo met 'n mes doodgesteek.

Die voorval het in die Goreangab- informele nedersetting in Windhoek plaasgevind en die man is in hegtenis geneem.

Op die plaas Twawieses by Khori­xas is me. Alberta Trunkhoeb (60) met 'n 303-geweer doodgeskiet.

Sy en 'n 58-jarige man het die geweer glo in die veld gevind. Hulle het die geweer glo probeer oorhaal om te kyk of dit nog werk toe die skoot ­afgegaan het.

Mnr. Mungendje Soul (39) is Sondag dood in sy tent by die Epalela Centurion Investment ­Holding-kamp in die Omusatistreek gevind.

Die man was glo die vorige nag om 20:00 in 'n bakleiery met vier mans by 'n sjebeen betrokke.

Hy is om 07:00 nog lewend by die kamp gesien en om 08:00 dood in sy tent aangetref.

Niemand is al in hegtenis geneem nie.

Saterdag om 09:00 is 'n baba se ­ontbinde lykie tussen die rommel by die Kupferberg-stortingsterrein gevind.

Die polisieondersoek duur voort.



Ongelukke

Vrydag is 'n onbekende man op die westelike verbypad doodgery.

Die ongeluk het om 04:40 plaasgevind en die bestuurder het glo weggejaag. Die polisie versoek dat mense met inligting oor die voorval na vore kom.

Sondag het 'n voertuig mnr. Ignatius Kapiringi (41) glo omgery terwyl hy Ondjambastraat in Mondesa wou oorsteek.

Hy is na die staatshospitaal op ­Swakopmund geneem waar hy aan sy beserings beswyk het.

Die bestuurder (32) het van die toneel gevlug en is later deur die polisie opgespoor en in hegtenis geneem.

Mnr. James Shaanika (47) het glo Vrydag om 17:30 in die Eendobe-­nedersetting van 'n bakkie afgeval.

Hy het op pad na die staatshospitaal op Outapi gesterf.

Mnr. Andries Nicolaaste (60) het Saterdag in die staatshospitaal op Keetmanshoop gesterf.

'n Man (23) wat by 'n motorwassery werk, wou glo 'n klein vrag­motor wat hy klaar gewas het, buite die perseel parkeer.

Hy het teen 'n hekpilaar vasgery, wat op Nicolaaste geval het. Die man het nie 'n geldige rybewys nie.



Verkragting

Drie tieners van 16, 18 en 19 het 'n meisie (16) glo Saterdag om 01:50 op Hentiesbaai verkrag. Die drie ­verdagtes is in hegtenis geneem.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.6 | EUR to NAD 20.28 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 349.19/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.89% | Zinc US$ 2 893.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 89.23/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 914.51/OZ DOWN -0.0015 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.6 | EUR to NAD 20.28 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 349.19/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.89% | Zinc US$ 2 893.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 89.23/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 914.51/OZ DOWN -0.0015