Polisie op sy knieë

Pres. Hage Geingob het gister in detail gehoor hoe die resessie die polisiemag in ’n knyptang beet het.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, sê die land se finansiële verknorsing het die mag op sy knieë.

Ndeitunga het gisteroggend by Staatshuis tydens ’n besoek aan pres. Hage Geingob uitgevaar teen die ellende waaronder die mag weens geldnood gebuk gaan.

Een van die grootste skandes, sê Ndeitunga, is die haglike omstandighede waaronder veral junior polisielede leef.

Die grootste gedeelte van ’n stedelike polisielid se salaris gaan na huur, sê die polisiebaas.

Dít bring mee dat polisielede dikwels saam met misdadigers in dieselfde areas moet woon om kop bo water te probeer hou.

Die polisie betaal maandeliks sowat N$44 miljoen oor aan mikroleners omdat baie lede van die mag geen ander heenkome het as om hulle tot dié instellings te wend nie, sê Ndeitunga. “Dit is ’n geval van staatskaping van die polisie. Al hul geld gaan na die mikroleners.”

Baie polisielede is van mening dat hulle nie patriotisme kan eet nie, sê hy.

“Die stresvlakke is op baie polisielede se gesigte sigbaar.”

Ndeitunga sê ondanks die land se finansiële probleme moet daar dringend gekyk word na die vergoeding van polisielede.

Die geweldige begrotingsbesnoeiings laat kerndienste in die slag bly. Dit sluit verkragtingstoetstoestelle, brandstof, voertuie en selfs helikopters in.

Volgens hom verkeer mense onder die wanindruk dat helikopters ’n luukse is, terwyl dié vaartuie noodsaaklik in die bestryding van misdaad is.

Ndeitunga sê hy praat nie eens van die talle vervalle polisiestasies nie. “Ons het ou, ou polisiestasies wat restourasie benodig.”

Die nasionale polisiehoof sê hoewel hulle kennis neem van die resessie, móét die gevolglike ellende aangeroer word. “Ons verstaan, maar ons kan nie stilbly nie. Ons moet ons leiers vertel.”

Pres. Geingob het dié vergadering saam met Ndeitunga en lede van sy topbestuur byeengeroep “om bestekopname te doen van die jaar 2018 ten opsigte van hoe ons veiligheid en sekerheid van ons Namibië kan verbeter”.

Geingob het vir Ndeitunga gelyk gegee oor veral die behuisingnood van die polisie. “Die lewensomstandighede van ons polisiemag is betreurenswaardig,” het Geingob gesê.

Volgens hom het die regering by die onlangse nasionale grondberaad oorlog teen plakkery verklaar. “Sommige van ons polisiebeamptes kom van daardie plakkershutte om ons paleise te kom bewaak.”

Genl.maj. (afgetree) Charles Namoloh, die minister van veiligheid en sekuriteit, het gister gesê die behuisingskrisis geniet tans aandag. “Dit is waar dat van hulle in plakkershutte woon. Die misdadiger woon hier en hulle woon daar.”

Namoloh sê hy het tydens Swapo se onlangse buitengewone beraad op Ramatex se werf rondgeloop om te kyk hoe dié gebou dalk ingespan kan word om die krisis die hoof te probeer bied.

Geingob het gister geëis dat bevordering binne die mag nie op ’n stamgebonde grondslag geskied nie.

Terselfdertyd moet nepotisme geen rol speel in bevorderings nie, sê Geingob.

Volgens die president is aftrede eweneens ’n probleem. “Baie van julle is oud – selfs ouer as ek. Ons moet almal eendag totsiens sê. Ons dink ons moet permanent hier wees. Dit mag nie so wees nie.”

Ndeitunga sê hulle hande is afgekap. Hoewel hulle ’n opvolgplan het, help dit niks omdat daar nie geld is om nuwe lede in diens te neem nie. “Dis vreesaanjaend (“scary”) as ons nie vervang nie, want dit beteken ons werf nie.”

Hiernaas moet polisielede gesond en fiks wees omdat hulle, in teenstelling met politici wat in kantore sit en praat, moet kan rondhardloop, sê Geingob.

Hy het opnuut te velde getrek teen polisielede met reusemae.

Op sy beurt het die staatshoof rumoerige lede van die Direkoraat vir die Beskerming van Baie Belangrike Persone (VIPPD), wat raas asof hulle by ’n kroeg is wanneer hulle ministers by Staathuis besorg, voor stok gekry.

’n Ander doring in Geingob se vlees is dat dié lede van die mag ministers beskinder.

Ndeitunga sê dié lede verdien nie eens genoeg om hulleself te onderhou nie en kry nie eens ’n gevaartoelaag nie ondanks hul belangrike rol. “Wanneer ons huil (om hulp), kry ons geen aandag nie.”

In sommige gevalle moet polisielede ver reis om byvoorbeeld in ’n hoërhofverhoor te gaan getuig. Vir die duur van daardie sending moet polisielede sonder ongeriefstoelae klaarkom, sê Ndeitunga.

Ndeitunga sê geslagsgegronde geweld is een van die grootste kopsere van die polisie. “Dis soos ’n mode.”

Hy het gister verwys na die voorval op Menseregtedag in Doradopark in Windhoek, waartydens mnr. Diedrich Keib (48) glo eers sy jare lange lewensmaat, die 27-jarige me. Monalisa Xoagus, doodgeskiet het en homself toe ook om die lewe gebring het.

Mans moet leer om vroue se vryheid van keuse te eerbiedig, sê Ndeitunga. “Aanvaar dit, asseblief. Daar is duisende ander vroue.”

Geingob het gesê hy neem kennis van die polisie se frustrasies.

Naas Geingob en Namoloh was die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila, die minister van presidensiële aangeleenthede, amb. Martin Andjaba, en verskeie van die staatshoof se raadgewers ook aanwesig.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.76 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 340.00/OZ UP +0.40% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.75% | Zinc US$ 2 871.90/T UP 0.61% | Brent Crude Oil US$ 89.12/BBP UP +0.25% | Platinum US$ 912.16/OZ DOWN -0.0041 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.76 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 340.00/OZ UP +0.40% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.75% | Zinc US$ 2 871.90/T UP 0.61% | Brent Crude Oil US$ 89.12/BBP UP +0.25% | Platinum US$ 912.16/OZ DOWN -0.0041