Polisie in spervuur
Polisie in spervuur
03 December 2019 | Misdaad
Twee polisiebeamptes is die naweek in die uitvoering van hulle pligte beseer, en 'n derde het 'n man glo uit selfverdediging doodgeskiet.
Dít volgens die polisie se misdaadverslag.
Sondag om 22:00 is mnr. John Dauseb in Max Eichabstraat in Katutura glo in die maag geskiet deur 'n polisiebeampte wat aan diens was.
Hy het op die toneel gesterf.
Dauseb was glo 'n gevaarlike verdagte wat in verband met verskeie klagte van roof op borgtog uit was.
Polisiebeamptes was in die proses om hom in hegtenis te neem toe een van Dauseb se vriende glo 'n bottel gegooi het wat 'n beampte teen die agterkop getref het.
Die vriend het op die vlug geslaan en die polisiebeampte het hom agternagesit.
'n Tweede beampte het Dauseb in hegtenis probeer neem, wat homself teëgesit het en die beampte glo met 'n onbekende voorwerp in die hand gesteek het.
Die polisiebeampte het toe na wat verneem word 'n waarskuwingskoot afgevuur.
Dauseb het na bewering weer aangeval en gedreig om die beampte dood te maak, wat hom toe doodgeskiet het.
Volgens hoofinsp. Kauna Shikwambi, 'n polisiewoordvoerder, is die voorval “uiters betreurenswaardig”.
“As 'n verdagte voel daar is 'n probleem met die inhegtenisname, kan dit by die polisiekantoor aangespreek word. Lede van die gemeenskap word afgeraai om gewelddadig teenoor polisiebeamptes op te tree en verdagtes te beskerm,” sê sy.
BEWEERDE BEDROG
Vrydag het 'n bejaarde Eros-inwoner (83) aangemeld twee mans wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het, het hom in 2018 bedrieg.
In die proses is hy N$300 000 kwyt, beweer hy.
Die bejaarde sê die mans het die afgelope Saterdag weer voorgegee hulle is polisiebeamptes en het N$4 500 en 'n selfoon van hom geëis.
Die polisie het 'n operasie in samewerking met die man uitgevoer waartydens hy die verdagtes by Natis in die noordelike nywerheidsgebied sou ontmoet.
Die polisie het die verdagtes genader en hulle het op die vlug geslaan.
Een verdagte is naby NamPower in hegtenis geneem. 'n Polisiebeampte is in die voorval geskiet en gewond. Hy is in die hospitaal opgeneem en verkeer in 'n stabiele toestand.
Die kontant en selfoon is verhaal, en die soektog na die ander verdagtes duur voort.
Vrydag om 23:40 het 'n man (24) hom teen sy inhegtenisname verset en 'n polisiebeampte aan die heup gebyt.
Die voorval het op die plaas Auros in die Stampriet-omgewing plaasgevind.
Die verdagte is in hegtenis geneem.

Soortgelyk
KOLLIG Voorblad
20 ure gelede | Byvoegsels
ECN gaan Itula se aansoek teenstaan
20 ure gelede | Politiek
Ekonomie bloei lánkal
20 ure gelede | Plaaslik
NOU AAN DIE GANG
20 ure gelede | Byvoegsels
Geskorste raadslede van Rehoboth herkies
20 ure gelede | Regering
Weer vir 13 Desember 2019
20 ure gelede | Weer
STEMFEITE: NAM & SA 2019
20 ure gelede | Politiek
NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer
20 ure gelede | Howe
CoW baklei teen beslaglegging
20 ure gelede | Regering
Kleinadvertensies