Polisie gryp N$5 miljoen se dwelms
Polisie gryp N$5 miljoen se dwelms

Polisie gryp N$5 miljoen se dwelms

Tanja Bause
Tanja Bause



Die Namibiese polisie het in April op dwelms ter waarde van sowat N$5 376 650 beslag gelê.

Dit is meer as N$3 miljoen meer as in die vorige maand.

Volgens adj.komm Edwin Kangua­tjivi, polisiewoordvoerder, is die waarde van die dagga waarop beslag gelê is N$5 310 290 en die Mandrax-tablette N$50 160.

Daar is ook op N$7 000 se kokaïen, N$8 200 se crack-kokaïen en 40 pakkies Yes-sigarette ter waarde van N$8 000 beslag gelê.

Altesaam 28 Namibiese burgers is in verband hiermee in hegtenis geneem, asook drie Angolese, drie Kongo­lese, een Suid-Afrikaner en vier Tan­zaniërs.

In Maart is 86 Namibiërs en drie ­Angolese burgers in hegtenis

geneem.

Kommentaar

Republikein 2025-06-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer