Pohamba tree uit as kanselier
Die voormalige president, mnr. Hifikepunye Pohamba, sal binnekort uittree as kanselier by die Universiteit van Namibië (Unam). Pohamba het dié aankondiging onlangs by 'n vergadering agter toe deure met president Hage Geingob en lede van die uitvoerende bestuur van Unam by Staatshuis gemaak.
“Ek het gekom om die president in kennis te stel dat my termyn as kanselier in November sal verstryk en dat ons 'n nuwe kanselier vir die universiteit moet kry,” het Pohamba gesê.
Hy was Unam se tweede kanselier nadat hy by oudpresident Sam Nujoma in 2011 oorgeneem het.
“Van nou af tot in November sal ons 'n kandidaat soek,” het hy gesê.
Volgens die universiteit se beleid dien 'n kanselier vir ses jaar en word dan weer in aanmerking geneem wanneer sy termyn verstryk.
Mnr. Lazarus Hangula, Unam se visekanselier, het tydens die geleentheid vir Pohamba geprys en gesê Namibiërs beskou hom as invloedryk.
“Hy het 'n baie groot rol in die ontwikkeling van ons nasionale universiteit gespeel,” het Hangula gesê en bygevoeg dit gaan vir Pohamba se opvolger moeilik wees om sy skoene vol te staan.
“Ek kan my nie voorstel wat die toekoms inhou nie, maar ek glo Namibië is 'n land van dapperes,” het hy gesê.
Hangula het voorts gesê hy is vol vertroue dat die volgende kandidaat die pos suksesvol sal vul.
Volgens Hangula is Unam die jongste universiteit van almal in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), maar dit het 'n gewilde universiteit geword.
Hangula het gesê studente aan universiteite van onder meer Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe doen gereeld navraag oor kursusse by Unam.
Tydens die vergadering is Geingob ook omtrent die universiteit se finansiële status ingelig.
Volgens Hangula is Unam besig om te ontwikkel, maar die huidige ekonomiese situasie het wel 'n effek op die instansie.
“Ons is geen uitsondering nie. Ons wil die staatshoof inlig dat die vooruitgang van die universiteit ook daardeur belemmer word,” het Hangula gesê. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie