Poging om SME Bank te sluit uitgestel
Aangesien bykomende hofstukke vandag (Vrydag) by die hoërhof in Windhoek ingedien is, kon regter Hannelie Prinsloo nie uitspraak lewer in die aansoek of die SME Bank finaal gelikwideer behoort te word nie.
Die prokureur, mnr. Sisa Namandje, het namens twee minderheidsaandeelhouers van die SME Bank betoë en regspunte vir heroorweging by die hof ingedien. Die saak is tot 18 Oktober uitgestel sodat die aansoeker, die Bank of Namibia, die SME Bank en ander respondente die nuwe betoë kan oorweeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie