Pluimpies vier 25 jaar

15 October 2021 | Byvoegsels
Die jaarlikse ATKV Pluimpie-toekenningsaand het vanjaar op 24 September plaasgevind danksy die gebruiklike insette van Bank Windhoek.

Dié toekenningsgeleentheid, wat verlede jaar stil-stil tydens die inperking moes plaasvind, is vanjaar vir die 25ste keer aangebied.

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) het dié inisiatief begin aangesien hulle voel diegene wat 'n beduidende bydrae tot Afrikaans maak, verdien erkenning.

Die ontwikkeling van die geskrewe taal is uiters belangrik en daarom gee die ATKV erkenning aan bydraes in verskeie kategorieë soos drama, poësie, letterkunde, lirieke, koerante, uitsaaiers, publikasies en sang.



Die kandidate in elke kategorie ontvang die volgende toekennings:

• 'n Donsie vir nuwe ontluikende talent

• 'n Pluimpie vir bydraes van uitstaande gehalte

• 'n Veertjie as hoogste toekenning.

• 'n Oorkonde word aan iemand toegeken wat oor 'n sekere tydperk 'n besondere bydrae tot die gemeen­skap gemaak het.

DIE WENNERS

Veertjies:

Andree-Jeanne Tötemeyer – Poësie (Kaalvoet in die reën)

Anne-Marie Walters – Skrywer (Die koninkryk van Silpergo en die Leeu en Tarda)

Ook genomineer:

Pro-Ed Akademie Privaatskool (25 jaar in 2020)

Keetmanshoop Privaatskool (25 jaar)

Hendrik en Leoni van Rensburg – ATKV (25 jaar)

Privaatskool Moria (30 jaar)



Pluimpies:

Louis Conradie – Poësie (Sal ons en Die son het geskuif)

Jolene Nell – Poësie (“Verlossings­reën”, “Geliefde Namib” en “Dit is U”)

Hester Steenkamp – Poësie (Prosatekste)

Didi Kruger – Prosa (Ontwikkeling van kommunikasie)

Corina Becker – Prosa (Sy dorsland – in kortverhaal en vinjet)

Jurie Viljoen – Prosa (Gemsbok met die oorbel)

Sarel du Toit – Musiek (Kaalvoetseun en Stofpad)

Koster Cronje – Lirieke (“As die wêreld stil word om my”)

Ook genomineer:

Jessica Thomas – Omroeper (15 jaar)

Anita Naude – ATKV ldiomestryd (15 jaar)

Charlie en Ansa Ellis – ATKV (15 jaar)



Donsies:

Marlene Erasmus – Poësie (Vryval – 'n keur van gedigte)

Epenetus (Penny) du Toit – Poësie (Oom Niekie se stoep)

Marsofine Krynauw – Poësie (“Wind”)

Anton CH du Preez – Poësie (Hoeveel tenke)

Rowan van Dyk – Lirieke (“Langpad Noord” en “Song vir Leante”)

Hannes du Plessis – Poësie (Kalahari)

Ook genomineer:

Chantelle van den Berg – ATKV (5 jaar)

Heloise Steynberg – ATKV (5 jaar)

Tara van Eck – Omroeper (5 jaar)



Deelname sertifikate:

Yvette du Plooy – Poësie (“My Namibië”)

Margaret Bennett – Poësie/Publikasies (Roepstem Flenters 2)

Tania Erasmus – Poësie/Publikasies (Skrywe in Digvorm en Breinkanker)

Marlene Erasmus – Prosa (Zizzie se avonture)

Margaret Bennett – Sang en Lirieke (“Rol die aarde op”)

Jacky de Klerk – Poësie (“Gebreekte glas, hoe skerp is jou kante?”)

Margaret Bennett en Koster Cronje – Sang en Lirieke (“Woordvlegsels”)

Tara van Eck – Prosa (6 Stories)



Spesiale toekenning:

Elnatan Privaatskool – Wenner van Idiomestryd 2021

Elsa en Anri Visser – Wenners van Idiomestryd 2021



Oswald Rall Theart-wisseltrofee: toegeken aan Andree-Jeanne Tötemeyer

Vir die eerste keer in die bestaan van die ATKV Windhoek-tak is die Oswald Rall Theart-wisseltrofee toegeken aan 'n digter wat uitstaande werk gelewer het.

Hierdie trofee, asook 'n kontantprys, is geskenk deur Corry Theart, die eggenote van Oswald Rall Theart.

Vir enige navrae, stuur gerus 'n e-pos na [email protected]

Soortgelyk

 

Amutse wins 2021 Bank Windhoek Doek Literary Visual Arts...

2 ure gelede | Mense

Monique AdamsBorn in Walvis Bay, Namafu Amutse attended Immanuel Ruiters primary school. She then moved to Swakopmund in 2007 and attended Swakopmund Primary School.Amutse completed...

PHOTO OF THE WEEK:

2 ure gelede |

Siku Investments, together with Bank Windhoek as part of the Cancer Apple Project, donated over 50 apples to the Children of Hope Village. Siku investments...

Nust marine engineering students seek over N$3 million

2 ure gelede | Onderwys

Enzo AmueleA group of 16 students in a marine engineering degree programme at the University of Science and Technology (NUST) in partnership with a Finnish...

200 more in need

2 ure gelede |

Jeanette DiergaardtOruua Primary School at Ovitoto recently received a donation worth N$60 000 from the Ohlthaver and List (O&L) group of companies through one of...

Investing for the greater good

2 ure gelede | Onderwys

Monique AdamsThe Maltas Club Namibia celebrated its 10th anniversary on 11 March this year. The core mandate of the Maltas Club is premier student learning...

Covid-19 pandemic reforms education

2 ure gelede | Onderwys

Iréne-Mari van der WaltAmidst the looming uncertainty of the new semester calendar ushered in by the ministry of education, arts and culture, executive director Sanet...

Stepping Stones sluit warrelwind jaar af

2 ure gelede |

Iréne-Mari van der WaltDie Stepping Stones-skool vir kinders met leer- en gedragsuitdagings het onlangs hul jaarlikse afsluitingskonsert met ’n sirkustema gehou. Die skoolhoof, Almarie Mostert,...

SStar Teacher from DHPS: Valerie Van Zyl teaches Mathematics,...

2 ure gelede | Mense

1. Why did you decide to become a teacher? School was hard for me when I was a learner and unfortunately, some of...

Becoming globally competitive begins at home

2 ure gelede |

Desiree Gases A youth internship programme aimed at equipping people between the ages of 18 and 34 with meaningful skills and work experience has been...