Pluimpies vier 25 jaar

Yandi Du Plessis
Die jaarlikse ATKV Pluimpie-toekenningsaand het vanjaar op 24 September plaasgevind danksy die gebruiklike insette van Bank Windhoek.
Dié toekenningsgeleentheid, wat verlede jaar stil-stil tydens die inperking moes plaasvind, is vanjaar vir die 25ste keer aangebied. Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) het dié inisiatief begin omdat hulle voel diegene wat ’n beduidende bydrae tot Afrikaans maak, verdien erkenning.
Die ontwikkeling van die geskrewe taal is uiters belangrik en daarom gee die ATKV erkenning aan bydraes in verskeie kategorieë soos drama, poësie, letterkunde, lirieke, koerante, uitsaaiers, publikasies en sang.
Die kandidate in elke kategorie ontvang die volgende toekennings:
• ’n Donsie vir nuwe en opkomende talent
• ’n Pluimpie vir bydraes van uitstaande gehalte
• ’n Veertjie as die hoogste toekenning.
• ’n Oorkonde word aan iemand toegeken wat oor ’n sekere tydperk ’n besondere bydrae tot die gemeenskap gemaak het.

DIE WENNERS
Veertjies:
Andree-Jeanne Tötemeyer – Digter
Anne-Marie Walters – Skrywer
Ook genomineer:
Pro-Ed Akademie Privaatskool (25 jaar)
Keetmanshoop Privaatskool (25 jaar)
Hendrik en Leoni van Rensburg – ATKV (25 jaar)
Privaatskool Moria (30 jaar)

Pluimpies:
Louis Conradie – Digiter
Jolene Nell – Digter
Hester Steenkamp – Digter
Didi Kruger – Skrywer
Corina Becker – Skrywer
Jurie Viljoen – Skrywer
Sarel du Toit – Musiek
Koster Cronje – Lirieke
Ook genomineer:
Jessica Thomas – Omroeper (15 jaar)
Anita Naude – ATKV ldiomestryd (15 jaar)
Charlie en Ansa Ellis – ATKV (15 jaar)

Donsies:
Marlene Erasmus – Digter
Epenetus (Penny) du Toit – Digter
Marsofine Krynauw – Digter
Anton CH du Preez – Digter
Rowan van Dyk – Lirieke
Hannes du Plessis – Digter
Ook genomineer:
Chantelle van den Berg – ATKV (5 jaar)
Heloise Steynberg – ATKV (5 jaar)
Tara van Eck – Omroeper (5 jaar)

Deelname sertifikate:
Yvette du Plooy – Digter
Margaret Bennett – Digter/Publikasies
Tania Erasmus – Digter/Publikasies
Marlene Erasmus – Skrywer
Margaret Bennett – Sang en Lirieke
Jacky de Klerk – Digter
Margaret Bennett en Koster Cronje – Sang en Lirieke
Tara van Eck – Skrywer

Spesiale toekenning:
Oswald Rall Theart-wisseltrofee toegeken aan Andree-Jeanne Tötemeyer
Vir die eerste keer in die bestaan van die ATKV Windhoek-tak is die Oswald Rall Theart-wisseltrofee toegeken aan ’n digter wat uitstaande werk gelewer het.
Hierdie trofee, asook 'n kontantprys, is geskenk deur Corry Theart, die eggenote van Oswald Rall Theart.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!