Planne vir Walvis-bergplek op dreef

Streng vereistes geld

09 November 2018 | Plaaslik
Otis Finck op Walvisbaai – Planne vir die bou van ’n bergingsfasiliteit vir gevaarlike goedere aan Walvisbaai se buitewyke is in ’n gevorderde stadium.

Dié stoorplek is op die roete na die lughawe in die omgewing van die Chinese marmerverwerkingsaanleg geleë.

Inwoners van die kusdorp het vroeër die aansoek teengestaan deur Native Storage Facility (NSF) om ’n ou vlootbunker oos van Walvisbaai as ’n tydelike bergplek vir gevaarlike goedere te gebruik.

Hulle het daarop aangedring dat ‘n alternatiewe plek gevind word.

Goedere wat volgens plan hier geberg gaan word, sluit in ammunisie, ploftoestelle en batterye, wat gevaarlike stowwe soos natrium, ammoniumnitraat, uraanoksied en swaelsuur bevat.

Die bestuurskomitee van die Walvisbaai-munisipaliteit het tydens Dinsdag se raadsvergadering aanbeveel ’n stuk grond van 10 ha word op Plaas 38 aan NSF vir ‘n tydperk van 20 jaar toegeken sodat ‘n bergplek vir gevaarlike goedere daar gebou kan word.

Die 10 ha sal teen N$55 000 per maand, plus 15% BTW, aan NSF verhuur word.

Die huur sal jaarliks met 10% aangepas word.

Die bestuurskomitee het 20 vereistes gestel waaraan die aansoeker moet voldoen.

Dié komitee sê veiligheids- en sekuriteitsaspekte moet deeglik oorweeg word, en daar moet aan alle wetgewing en regulasies vir veiligheid voldoen word.

’n Omgewingsklaringsertifikaat moet voorgelê word, en daar moet aan nasionale veiligheidsregulasies voldoen word.

Die ministeries van stedelike en landelike ontwikkeling en van myne en energie se toestemming moet ook verkry word.

Verder moet die aansoeker aan munisipale bou-, gesondheids-, en brandregulasies voldoen.

Die komitee het benadruk daar moet oor spesifieke voorwaardes vir die rehabilitasie van die terrein ooreengekom word, sou die aansoeker besluit om dit te verlaat.

Buiten die maandelikse huur, moet NSF ‘n deposito van N$100 000 vir rehabilitasie betaal indien hy die gebied verlaat sonder dat dít behoorlik gedoen is.

Aanvanklik is ’n stuk grond op Plaas 58 aan NSF toegeken, maar dié plaas het in daardie stadium aan die regering behoort, en ’n gesloer met die oordrag daarvan aan die munisipaliteit het dit vir die aansoeker moeilik gemaak om die nodige studies te laat doen om goedkeuringsertifikate te bekom.

Daarná het NSF om grond op Plaas 43 aansoek gedoen.

In daardie stadium het die ministerie van verdediging ’n sensitiewe projek in dié gebied oorweeg en wou dit nie toelaat nie.

Hiermee het NSF sy visier op Plaas 38 gerig.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

20 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

20 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

21 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

1 dag gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

1 dag gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

1 dag gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

1 dag gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...