Plaaslike fliek binnekort op skerm, feeste

Lloyd Zandberg
Die bekroonde Namibiese kortfilm, Baxu and the Giants, handel oor die invloed wat renosterstropery op die sosiale dinamiek van ‘n plaaslike nedersetting het, uit die oogpunt van ‘n negejarige meisie.

Dit sal in Februarie en Maart op skerms in Windhoek, noordwestelike dorpe in Namibië en filmfeeste oor die wêreld vertoon word.

Die fliek is deur die Legal Assistance Centre (LAC) aangevra, met die doel om bewustheid van renosterstropery by jongmense te skep.

Die vervaardiger, Andrew Botelle (The Power Stone, Born in Etosha), het Florian Schott (Katutura) as regisseur en medeskrywer en Girley Jazama (The White Line) as medevervaardiger en –skrywer aan boord gebring om dié kwessie in ’n roerende verhaal te omskep.

Die kortfilm is in September 2019 bekend gestel, is tot dusver in nege lande vertoon en het verskeie internasionale toekennings opgeraap.

Van die toekennings sluit die Beste Buitelandse Narratief by die San Fransisco Independent Short Film Festival, drie Namibiese Teater- en Filmtoekennings (die 10-jarige Camilla Jo-Ann Daries het met die Beste Vroulike Akteur-toekenning weggestap), twee internasionale Cinematography-toekennings en twee toekennings by die Knysna Film Festival in Suid-Afrika in.

Die fliek gaan binne die volgende twee maande by die Pan African Film Festival in Los Angeles, die Toronto Black Film Festival, die Children’s Film Festival Seattle en die RapidLion International Film Festival in Suid-Afrika vertoon word.

Die eerste plaaslike vertoning is Saterdag 6 Februarie by die DHPS-ouditorium in Windhoek. Toegang is gratis, maar enige skenkings aan die Red die Renostertrust (SRT) is welkom. Die fliek begin 18:30 vir 19:00.

Die LAC en MaMoKoBo Video & Research reël ook vertonings by skole, sowel as gratis openbare vertonings in Windhoek.

Laastens gaan die Baxu and the Giants-span die fliek na die kus neem en na dorpe in die noordweste van Namibië, waar die fliek verfilm is.

Al die vertonings bou op na die internasionale vrystelling van die fliek in Maart.

Die fliek sal op DVD, asook aanlyn op YouTube en Vimeo, beskikbaar wees.

Meer inligting oor die vertonings en bekendstelling sal eersdaags bekend gemaak word.

Besoek gerus www.baxuandthegiants.com, Facebook (facebook.com/baxuandthegiants) en Instagram (@baxuandthegiants).

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A