Plaaslike dokters vra ondersteuning vir Zim-dokters

01 October 2019 | Gesondheid
Die Namibiese Praktisynsforum (NPPF) het ‘n beroep op president Hage Geingob gedoen om die Zimbabwiese regering se “totale miskenning” van menseregte in die land in die sterkste moontlike terme te veroordeel.

Die NPPF het ook diepe kommer uitgespreek oor die feit dat Geingob tot op hede nie ‘n verklaring hieroor uitgereik het nie – veral in die lig van voortgesette gruweldade.

“Dit is nog meer kommerwekkend dat die enigste solidariteit vir die Zimbabwiese regering getoon word. Dit terwyl baie van die land se gewone burgers op ’n daaglikse basis vervolg word en andersdenkende stemme voortdurend met geweld onderdruk word,” sê die NPPF in ’n verklaring.

Die NPPF het ’n beroep op Namibiese gesondheidswerkers gedoen om hul kollegas in Zimbabwe te ondersteun.

Dít teen die agtergrond van gruwelike menseregteskendings deur die Zimbabwiese regering teen dokters wat in die land praktiseer.

Vroeër vandeesmaand is berig die regering het dr. Peter Magombeyi vir vyf dae lank ontvoer en gemartel.

“Daar is min twyfel dat die gruweldade deur die Zimbabwiese regering uitgevoer word. Dit is duidelik uit die ontplooiing van dosyne polisie- en onlustebeamptes om Magombeyi daarvan te weerhou om vir kritieke mediese behandeling na Suid-Afrika te reis.”

Sodoende, sê die NPPF, ignoreer Zimbabwe die oppergesag van die gereg met opset omdat dit op ‘n hofbevel volg wat die polisie opdrag gegee het om Magombeyi toe te laat om vir behandeling na Suid-Afrika te reis.

“Dit is nogal ironies dat Zimbabwe se voormalige president, mnr. Robert Mugabe, eersteklas behandeling in Singapoer ontvang het, terwyl die land se eie dokters daarvan weerhou word om na Suid-Afrika vir behandeling te reis vir beserings wat hulle aan die hand van die regering opgedoen het.”

Soortgelyk

 

Valskerm-ongeluk eis Chinese vrou

5 ure gelede | Ongelukke

'n Valskerm-ongeluk het die lewe van 'n Chinese vrou, me. Ran Lei (33), Sondagmiddag geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag het die voorval...

Frankfurt-vlugte het hervat

6 ure gelede | Vervoer

Air Namibia se vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland het hervat.Die Airbus A330-200 is ná die vlerkskade tydens ‘n ligte botsing Saterdagaand by die...

Beserker slaan 2-jarige nefie na bewering met graaf dood

6 ure gelede | Misdaad

‘n Tweejarige seuntjie is vroeg Saterdagoggend dood toe sy 50-jarige oom hom na bewering met ‘n graaf aangeval het, terwyl ‘n driejarige meisie wat hy...

Man vas oor 'diamantsmokkelary'

7 ure gelede | Misdaad

'n Nambiese man is Vrydag in verband met diamantsmokkelary op die grenspos tussen Suid-Afrika en Namibië by Oranjemund in hegtenis geneem.Volgens die Namibiese polisie se...

Laat koppe rol - Jooste, SPYL

23 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Stemme uit die regerende party dring toenemend aan dat diegene wat beskuldig word van korrupsie onder sy geledere verwyder word.Nadat die beleërde...

Gertze skiet glo vrou

23 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) het die naweek agter tralies deurgebring nadat hy na bewering sy vrou Saterdag in...

Namibiërs betoog oor korrupsie

23 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause - Meer as 200 mense van alle rasse en ouderdomme het Vrydag deelgeneem aan ’n teenkorrupsie-optog in Windhoek wat deur aktiviste gereël is....

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

23 ure gelede | Politiek

McHenry VenaaniPopular Democratic Movement (PDM)McHenry Venaani is die leier van die amptelike opposisie en het in 2014 as mees suksesvolle opposisiekandidat 44 271 stemme (sowat...

Weer vir 18 November

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar donderbuie oor die verre Noordooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm. Winderige...