Plaasaanvalle: ‘Suid-Afrika bloei’
Verskeie sprekers was deel van die mediakonferensie oor plaasmoorde wat die optog na die Uniegebou voorafgegaan het.
Andrea Küsel - Suid-Afrika bloei.
Dít was die woorde van Bennie van Zyl, hoof van TLU SA, op ’n mediakonferensie oor plaasmoorde wat op 21 November deur AfriForum, Solidariteit, TLU SA, die DA, die VF Plus en Cope gehou is met die oog op ’n optog wat op 25 November plaasgevind het. In dié optog het dié organisasies en partye ’n memorandum aan pres. Jacob Zuma by die Uniegebou in Pretoria oorhandig.
“Die optog van 25 November is primêr om te dink aan hulle wat vermoor en aangeval is: wit of swart, boere of werkers, vroue en kinders. Ons stap vir almal,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.
“As ’n boer vermoor word, word ’n plaas doodgemaak. As ’n plaas doodgemaak word, word ’n gemeenskap en voedselsekerheid doodgemaak. Plaasaanvalle raak almal wat eet. Ek woon in die stad, maar ek stap vir die plaas.”
Dianne Kohler Barnard, die DA se adjunkwoordvoerder oor polisie, sê praktiese stappe moet gedoen word om plaasaanvalle te voorkom.
“’n Mens sien nie dat die regering na plase gaan om boere en plaaswerkers op te lei oor hoe om hulself te beskerm nie, dit is een van die dinge wat moet gebeur.”
Mosiuoa Lekota, Cope-leier, lê klem op die feit dat boere én hul plaaswerkers deur plaasaanvalle geraak word. Hy het deurgaans verwys na die Grondwet en dat alle Suid-Afrikaners, wit of swart, beskerm moet word.
“Plaasmoorde is ’n nasionale krisis en dit moet as sodanig hanteer word,” sê Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum.
Hy sê hy glo nie dat boere en plaaswerkers se lewens belangriker is as dié van ander landsburgers nie, maar dat dié gemeenskap disproporsioneel geteiken word.
Hermann sê daar was nog geen teken of sprake daarvan dat die EFF ’n teen-optog gaan hou teen die betoging wat vir Saterdag beplan word nie. Dít kom nadat Julius Malema, EFF-leier, vroeër gesê het sy party sal AfriForum en die boere “ontmoet” as hulle weer teen plaasmoorde betoog.
“Ons sal ons nie laat boelie deur Malema nie. Sy uitsprake was nooit deel van die vraag of ons ’n optog gaan hou nie, die vraag is of ’n mens ’n sterk standpunt moet inneem. Die probleem is as ons dit nie doen nie, as ons nie saam optogte het nie en nie saam standpunt inneem nie, normaliseer jy moorde en aanvalle.”
Roets sê die optog is wettig en toestemming is by die Tshwane-metropolisie ontvang om met die optog voort te gaan.
Tydens die mediakonferensie was daar ’n ongemaklike oomblik toe dr. Pieter Groenewald en Lekota ’n kort woordewisseling gehad het. Groenewald het gesê hy is nie Lekota se “comrade” nie, nadat Lekota hom so genoem het.
Later het Groenewald hom weer in die rede geval, waarna Lekota gesê het dit is onregverdig dat Groenewald hom nie ’n kans gee om te praat nie.
“Dit is hoekom mense dink julle kyk neer op Afrikane.”
Roets het egter gesê dat dit ’n groot paneel is van verskillende organisasies en partye en hoewel daar klein verskille in hul sienings is, hulle steeds een gesamentlike doel het. –Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie