Pierneef in vervoering oor Namibië

23 July 2021 | Byvoegsels
Die internasionale veilingshuis Strauss & Co het bekend gemaak dat meer as 60 kunswerke in verskillende media, waaronder skilderye, tekeninge en waterverf, sowel as al die klassieke boeke oor die kunstenaar Pierneef, in 'n regstreekse aanlyn veiling vanuit die maatskappy se kantoor in Johannesburg opgeveil gaan word.
Potensiële kopers, versamelaars en kunsfoendies kan via die Strauss & Co-webwerf by die veiling aansluit vanuit die veiligheid en gemak van hul eie huise, in Suider-Afrika én internasionaal.

Jacobus Hendrik (Henk) Pierneef is waarskynlik die mees geliefde en ikoniese skilder van die Suid-Afrikaanse landskap. Sy diep geneentheid jeens die grond, sy begrip vir balans en sy aanvoeling vir die dramatiese en monumentale, gee sy skilderye terselfdertyd 'n bekende en boeiende eienskap. Terwyl hy ontsaglike en asemrowende uitsigte, eensame plaashuise, argitektoniese wolkbreuke en ontroerende bosveldsilhouette uitgebeeld het, het sy werk nog altyd 'n emosionele snaar by sy mede-Suid-Afrikaners geroer.

Terwyl hy in 1921 in Stellenbosch was, het Pierneef die Duits gebore skilder Hans Aschenborn ontmoet. Aschenborn het hom in 1909 in Namibië (destyds Suidwes-Afrika) gevestig, en hy het Pierneef – wie se werk hy baie bewonder het – aangemoedig om sy aangenome land te besoek en dit te skilder. Beskrywings van die land, veral deur die skrywers Toon van den Heever en P. Bruchhausen, het ook die kunstenaar se belangstelling geprikkel.

Pierneef het in April 1923 in Namibië aangekom en aanvanklik by Van den Heever tuisgegaan. Hy is onmiddellik deur die eindelose horisonne, die stilte, die helderheid en die kleure van die land­skap betower. Hy het die land platgereis en oor 'n tydperk van agt weke genoeg kunswerke geskep om 'n gesogte uitstalling in Windhoek aan te bied, wat op 20 Junie 1923 geopen het. Die meeste skilderye was nie baie groot nie – sy skilder-“reiskissie” kon slegs klein skilderborde hou. Meeste van dié skilderye is gekenmerk deur ryk, donker en dramatiese pienke. Okahandja was een van Pierneef se gunstelingplekke om te skilder. Hy het verskeie tonele in dié omgewing uitgebeeld.

Die kunstenaar se skilderye van Namibië het 'n byna “elektriese gloed”. Hy was beslis opgewonde oor die verskuiwing van kleure en patrone oor die landskap terwyl die son oor 'n helder, uitgestrekte lug skyn.

“Dit is 'n pragtige land,” het Pierneef destyds gesê, “die woestyn, die droogte, die eienaardige deursigtige kwaliteit van die lig.”

Die oppervlaktes wat hy geskilder het, was vol uitdrukking en dikwels kalligrafies, 'n eienskap wat hy gedeel het met Adolph Jentsch – 'n ander skilder wie se naam sinoniem met dié land was – wat in 1938 in Namibië aangekom het, 15 jaar ná Pierneef se eerste besoek.

Pierneef het in 1924 na Namibië teruggekeer en tyd in Usakos deurgebring. Gedurende daardie September en Oktober het hy 'n indrukwekkende versameling dinamiese tekeninge en waterverf-skilderye geskep wat as bewys dien van die kunstenaar se noukeurige waarneming van die natuur, asook sy voorkeur vir gewaagde komposisies.

Die aanlyn veiling begin eerskomende Maandag om 18:00.

Soortgelyk

 

Amerika skenk 100 620 dosisse Pfizer

23 minute gelede | Gesondheid

Die Amerikaanse ambassade het vandag amptelik 100 620 dosisse Pfizer aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste oorhandig as deel van die land se...

Ernstige ongeluk tussen Grünau en Keetmanshoop

1 uur gelede | Ongelukke

'n Ernstige ongeluk het 80 km van Keetmanshoop in die rigting van Grünau plaasgevind. Noodpersoneel is op die toneel van die ongeluk wat by 'n...

Geen sterftes, 112 nuwe gevalle

1 uur gelede | Gesondheid

Geen nuwe Covid-sterftes is gister aangeteken nie, terwyl 112 nuwe gevalle, 'n positiewe koers van 8%, aangemeld is. Dit sluit 66 leerlinge, drie onderwysers en...

Kuier saam met Cassidy onder die sterre

2 ure gelede | Kuns en vermaak

By die Night Under the Stars (NUTS)-konsert wat op Vrydag 1 Oktober plaasvind, sal die plaaslike musikant Cassidy op die verhoog te sien wees. Dié...

Mariental-hospitaal kry suurstofaanleg

4 ure gelede | Gesondheid

Die Mariental-hospitaal het 'n skenking van N$7 miljoen van Namib Desert Diamonds (Namdia) ontvang. Die omgewingsvriendelike suurstofaanleg met 'n kapasiteit van 500 liter wat aan...

Kleuter sterf ná pot kookwater op hom val

4 ure gelede | Misdaad

'n Driejarige seuntjie van Mondesa, Swakopmund, is Sondag dood, nadat sy boetie (5) 'n pot kookwater op hom afgetrek het. Volgens die polisie in die...

Bordjies verhang in Duitse verkiesing

10 ure gelede | Internasionaal

Die Sosiaal-demokratiese Party (SPD) het volgens voorlopige uitslae gister se algemene verkiesing in Duitsland met 25,7% van die stemme gewen.Dit beteken egter nie mnr. Olaf...

Klein, maar getrain

17 ure gelede | Landbou

William Klazen junior (5) van Windhoek is gister aangewys as die beste kindertouleier by die Windhoek Skou in die afdeling vir nul tot ses jaar....

Tragedie tref ná rugbywedstryd

17 ure gelede | Plaaslik

Andrew Poolman – Die tragiese heengaan van Edwardo Nell kort ná ’n rugbywedstryd Saterdag is vir FNB Wanderers-klub en die rugbygemeenskap ’n diepe skok.“Ons is...