Pienkvoete in die lug
Ek gee op. Hands up. Vat my nou. Skeur my klere en voer my vir die wolwe. Ek kan net nie meer nie. Ek gaan seker nou weer een of ander leser ontstel en dan pragtige boodskappe ontvang om my te motiveer. Maar dit is vir my so erg dat ek nie eers worry nie. Slaan, beledig of vloek my as jy moet. Daar is iets wat ek nie kan verduur nie. As jy nou vir my wil soek, moet jy vir my die volgende sê: “Daar is 'n babatjie, met alles wat 'n kwaal of kindersiekte is, wat saam met jou gaan vlieg.” Ek bewe.
Ek sal ver hardloop om dit te vermy. So ver soos Forrest Gump gehardloop het. Vir drie jaar, twee maande, 14 dae en 16 ure om presies te wees. Oukei, seker nie so lank nie. Daarvoor is ek te dik en ek het op hoërskool laas oefening gedoen, maar hardloop sal ek hardloop.
Ek weet dit is nie die pienkvoet se skuld nie. Ook nie Mamma, Pappa, die au pair of die oppasser s'n nie. Almal wil help, die lugwaardinne gee swieties, die tannie agter hulle trek gesigte en iewers sê iemand: “Sjj. . . sjj . . . toe maar.” Die dummies lê die wêreld vol en die doeke bly nat. Niks help nie. Daai bekkies bly die kreet van geen benul uit volle bors sing.
En dit is juis my probleem, wie moet die skuld kry? Ek weet nie. Dit is soos wanneer iemand se foon in die kerk gesteel word. Sê 'n mens iets of bly jy stil? Dit is 'n aardige besigheid.
Verlede week moet ek Suid-Afrika toe vlieg vir my debuutboek se mediatoer. Ek het baie uitgesien na al die appearances, ontmoetings en handtekeninge wat ek sou uitdeel, maar ek het geweet tydens my besoek moet ek heen en weer, en van plek tot plek, vlieg. En die moontlikheid dat daar 'n pienkvoet op een van my vlugte kan kop uitsteek, het my bewoë.
Dalk omdat ek in die beginfases van 'n vreeslike verkoue was, het ek die oomblik nog meer gevrees. As jy 'n verkoue het, irriteer die belaglikste dinge jou mos. Soos die kleur van jou ooghare, die lengte van jou toonnaels, jou hond se blaf of jou selfoon se ringtone. Ek haat dit om verkoue te hê.
En toe gebeur dit.
My eerste vlug was van Kaapstad af Johannesburg toe. Om 22:00. Met Kulula. En ons almal weet hoe gaan dinge op 'n Kulula-vlug. Ek het geboard en dadelik my neus soos 'n bloedhond in die lug gedruk om te ruik of daar dalk 'n voldoek teenwoordig is. Niks. Dit lyk goed. Ek het my sitplek ingeneem en die tydskrif uit die gleufie voor my uitgehaal en nie baie aandagtig gelees nie. Die vlug was nog nie in die lug nie, wat beteken alles kon in 'n oogwink verander. En dit het.
Toe hulle die pram indra, het ek besef ek moes al gehardloop het. Dit was 'n enorme pram, omdat dit vir 'n tweeling was. Die dubbeldosiskreet was my voorland. Ons was net oor die Drakensberge toe dit begin. Eers probeer Mamma. Niks. Pappa trek 'n gesig. Pienkvoet Een gil net voort.
“Sjjj, sjjj, sjjjj, toe maar, baba,” sis een van die lugwaardinne.
Pienkvoet Twee lyk soos 'n piesang in die oppasser se arms, stokstyf en effe getilt. Dit is chaos. Ek probeer om nie my klere van my lyf af te skeur nie. 'n Paar minute later toe alles te veel raak, slaan beide my ore bottoe van die verkoue.
Om my raak dit tjoepstil. En toe dink ek, hierdie gaan heel moontlik die lekkerste verkoue van my lewe wees, want nou hoef ek nie meer na die gegil en die geskree te luister nie. Niks het my getraak nie. Nie eers die taai dummy op my skoot nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie