Picasso-skildery in Namibië onder die hamer

In 'n geskiedkundige eerste het Namibiërs die afgelope dae die geleentheid gehad om op 'n skildery van Picasso te bie.
Yandi Du Plessis
Erwin Leuschner – 'n Skildery van die wêreldberoemde kunstenaar Pablo Picasso is op 'n veiling in Namibië aangebied teen 'n rekord- aanvangsprys van N$418 miljoen. Geen bod is egter gemaak nie.

Die skildery, bekend as die Femme assise au chapeau de paille, word tans in 'n kluis in Europa bewaar.

Die Swakopmund-tak van die veilingshuis Bay Auctioneers, het die afgelope naweek die duurste item nóg aangebied – 'n Pablo Picasso-skildery. Die aanlyn veiling het op 31 Maart begin en gister geëindig.

“Nee, dit was nie 'n Gekkedag-grap nie,” het die afslaer mnr. Quintin Jonck gister gesê nadat verskeie mense hom daaroor uitgevra het.

Volgens hom was dit 'n Suid-Afrikaanse agent­skap met die reg om die skildery te verkoop wat dit op die mark geplaas het.

Die agentskap, wat in oudhede handel dryf, het in die verlede items by sy veilingshuis gekoop aangesien hy gereeld items soos goue munte op veilings aanbied.



WARE JAKOB

“Die egtheid van die skildery is met geldige dokumentasie bewys en daarom het ek gedink: 'Waarom nie?' Dit was 'n spogitem,” het hy gesê.

Die eienaar van die skildery is nie bekend nie.

Volgens Jonck het die agentskap die minimumbedrag van US$32 miljoen bepaal, wat ongeveer N$480 miljoen is.

Hy het die aanvangsbod van N$418 miljoen bepaal. Hy is egter nie verbaas dat daar nie 'n bod gemaak is nie.

“Daar was wel 'n paar mense wat belang gestel het. Een persoon is van plan om na Europa te reis en die skildery persoonlik te sien,” het Jonck gesê.

Die skildery tel onder die aantreklikste en mees aanloklikste van Picasso se talle skilderye van Marie-Thérèse Walter – een van sy minnaresse.

Dit is een van die drie skilderye wat hy in Julie 1938 van haar geskilder het. Al drie het tot in die vroeë 1960's in sy private versameling gebly. Dit is met olie op doek geverf en word teen 65 cm x 54 cm gemeet. Femme assise au chapeau de paille het laas in Februarie 2004 'n nuwe eienaar op 'n Sotheby's-veiling in Londen gekry teen 'n bedrag van ongeveer US$4,5 miljoen (ongeveer N$65 miljoen).



DALK AGTERNA VERKOOP

“Ons verkoop gereeld waardevolle items sodra die veiling klaar is, as hulle nie verkoop is nie,” het Jonck verder gesê.

In die geval van dié skildery kan belangstellendes steeds 'n aanbod maak, wat hy op sy beurt aan die agentskap oordra, wat dit weer aan die eienaar weergee.

“Wie weet, miskien verkoop ons die kunswerk binne die volgende paar dae,” het hy gesê.

Die opveil van 'n Picasso-skildery by 'n veilingshuis op Swakopmund het egter vrae van gesoute kunstenaars laat ontstaan.

“Dit is nogal vreemd dat die skildery nie by 'n vername kunsveilingshuis soos Sotheby's verkoop word nie,” het me. Martina von Wenzel van die Swakopmund Fine Art Gallery gesê.

Sy organiseer jaarliks kunsveilings en het kliënte oraloor die wêreld.

“As hierdie item in Europa op 'n veiling was, sou dit ware kunsversamelaars en die regte gehoor bereik het. Ek dink daar was baie wensdenkery oor die prys,” het sy gesê.

Kunskenners skat gewoonlik die waarde van 'n skildery deur navorsing te doen en jare se ervaring toe te pas.

“Dit is ongewoon om 'n fantasieprys te vra, veral met skilderye van sulke hoë gehalte,” het sy bygevoeg.

Die duurste Picasso-skildery is die Les femmes d'Alger. Dit is in Mei 2015 op 'n veiling vir US$179,4 miljoen (ongeveer N$2,6 miljard) verkoop.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.95/OZ DOWN -0.0032 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 88.00/BBP DOWN -0.0038 | Platinum US$ 901.53/OZ DOWN -0.0092 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.95/OZ DOWN -0.0032 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 88.00/BBP DOWN -0.0038 | Platinum US$ 901.53/OZ DOWN -0.0092