Peuter verdrink in emmer
‘n Peuter het Dinsdag op Swakopmund in ‘n emmer water verdrink, nadat hy na bewering deur sy ma alleen by die huis gelos is.
Volgens die polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, het die voorval omstreeks 11:00 in die Mondesa-woonbuurt op die kusdorp plaasgevind.
Volgens Iikuyu het die een jaar en vier maande oue Jorsy Nathan Jacques Hailonda na bewering in ‘n 25 liter emmer verdrink wat gebruik is om klere in te was.
Jorsy en nog ‘n peuter van dieselfde ouderdom is deur hul ma’s alleen tuis gelos om na ‘n nabygeleë winkel te gaan toe die voorval plaasgevind het.
“Jorsy was reeds dood toe die ma’s teruggekeer het en die peuter wat saam met hom was, was in trane,” het Iikuyu gesê. Die polisieondersoek duur voort. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie