Peste, plae tref vier streke
Peste, plae tref vier streke

Peste, plae tref vier streke

Kenners meen ontploffings in insekbevolkings is te wagte ná die reën.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Terwyl uitbrekings van beide die rooi- en bruinsprinkaan in talle streke in Namibië verlede jaar die hoof gebied moes word, blyk dit peste het opnuut in minstens vier streke uitgebreek.

Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het Dinsdag in ’n mediaverklaring gesê bruinsprinkane (Locustana pardalina) het in die ||Kharasstreek uitgebreek, terwyl koringkrieke volop in die Omusatistreek se Anamulenge- en Onesi-kiesafdelings is.

“Daar is ook inligting dat die rooi treksprinkaan opnuut in die Kavango-Oos- en –Wesstreek uitgebreek het,” het die ministerie se direkteur vir landbouproduksie, verlenging- en ingenieursdienste, me. Mildred Kambinda, gesê.

“Die koringkrieke is tans jonk, maar daar is vrese as hulle toegelaat word om te groei, hulle skade aan gewasse sal aanrig en oeste kan belemmer.

“Terselfdertyd kom die bruinsprinkane in ||Kharas tans een-een voor en boere word gewaarsku om op die uitkyk vir die beweging van sprinkaanswerms te wees.



“Sleutel broeigebiede sluit die !Nami‡nûs-kiesafdeling (Aus, die dorp en omliggende kommersiële plase), Karasburg-oos en –wes, met die fokus veral op Warmbad en die omliggende kommersiële plase in,” waarsku Kambinda.

Sy sê ook uitbrekings van peste moet by die ministerie aangemeld word en boere kan hul naaste ministeriële kantore kontak.

NÁ DIE REËN

Dr. Gerhard Verdoorn van CropLife SA het verlede jaar, toe die bruinsprinkaan ook in die Kavangostreke uitgebreek het, gesê hierdie spesie is potensieel ewe verwoestend as die rooi­sprinkaan. Hy sê die uitbreking van peste en plae is ná die reën te wagte.

Vroeër vandeesmaand het mnr. Francois Becker, die hoofkurator: Natuurwetenskap van die Nasionale Museum van Namibië ook aan Republikein gesê goeie reëns lei dikwels tot ’n “ontploffing” van insekte.

“As daar nie genoeg reën is nie broei baie van die insekgroepe se eiers nie almal uit nie. As dit net bietjie reën, broei net ’n paar uit. Hulle paar en lê weer eiers. Die eiers wat nie uitbroei nie, bly in die grond en wag op goeie reën.

“Wanneer daar ’n paar jaar van droogte was, is daar baie eiers in die grond wat oor die jare opgehoop het. As daar dan ’n goeie reënjaar kom, soos dit vanjaar die geval is, broei al die eiers gelyktydig uit en kry ons ’n ‘ontploffing’ van sekere insekte,” het hy toe gesê.

Hy het ook spesifiek oor die koringkriek, dikpens of Abraham-boepens gepraat. Die insek kom glo in Namibië, Botswana, Zimbabwe en Suid-Afrika voor en is omnivore wat alles van plante, ander insekte en selfs mekaar eet.

Sprinkaanplae is veral bekend daarvoor dat dit groot verwoesting in weivelde en onder gewasse veroorsaak, omdat dit gras, koring en mielies vreet.

In 'n insek-kaleidoskoop deur Mieliestronk.com word beide die rooi- en bruinsprinkaan as die twee tipes treksprinkane uitgewys wat bekend daarvoor is dat dit erge verwoesting in Suider-Afrika kan saai. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.89/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.20% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 1.46% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 929.76/OZ DOWN -0.0069 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.89/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.20% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 1.46% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 929.76/OZ DOWN -0.0069