Pensioene verhoog
Die ministerie vir armoedeverligting en maatskaplike welsyn sê in ’n verklaring begunstigdes vir pensioene en toelaes vir mense met gestremdhede sal die verhoogde uitbetalings vanaf September ontvang.
Toe die 2019-'20 begroting bekend gemaak is, is aangekondig maatskaplike toelaes aan geregistreerde bejaardes en mense wat met gestremdhede leef, word met N$50 van N$1 250 na N$1 300 verhoog. Die verhoging het op 1 April in werking getree, maar dit is tot nou toe nog nie in berekening gebring nie.
Daarom sal alle begunstigdes in September ’n eenmalige toelaag van N$1 500 ontvang. Dit sluit die toelaag van N$1 300 vir September, sowel as ’n terugbetaling van N$200 vir April, Mei, Junie en Julie in.
Begunstigdes van die maatskaplike toelaes het volgens die ministerie reeds hul onderskeie uitbetalings vir Augustus ontvang. Vanaf September sal begunstigdes dus voortaan N$1 300 kry, wat die verhoging insluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie